llama-lang-adapt/pretrain-wura
Text Generation
•
Updated
•
7
text
stringlengths 7
170k
|
---|
Ferreira is volgens berigte die eienaar van die vulstasie by Tom’s Place-oord by Tierpoortdam buite Bloemfontein. |
Die nuwe iPad sal gelyktydig in 10 lande beskikbaar gestel word: Amerika, Frankryk, Kanada, Australië, Duitsland, Japan, Singapoer, Switserland, Verenigde Koninkryk en Sjina. |
Nuuskommentaar: Mogoeng in die kookpot ‘n Skynbaar heel onskuldige versoek van hoofregter Mogoeng Mogoeng dat senior regters en hoofde van howe ‘n leierskapskurus bywoon, na voormalige hoofregter Pius Langa in ‘n ondersoek bevind het daar is ‘n gebrek aan leierskap by howe, het nou in ‘n politieke debat met godsdiensondertone verander. Mogoeng se omstrede aanwysing as hoofregter, gepaard met die feit dat hy vreemde uitlatings gemaak het, en te midde van pres. Jacob Zuma se bontpratery oor die magte van howe, grondwetlike wysigings en die onafhanklikheid van die howe maak eenvoudig waarnemers en opposisiepolitici uiters gevoelig, en elke uitspraak het nou hare. Boonop is Mogoeng ‘n lekeprediker, en aan die hoof van die grondwetlike hof wat tot dusver in sy vertolkings voorkeur gegee het aan, soos dit gestel word, sekulêr-liberale uitgangspunte. Dit beteken waar ‘n grondwetlike bepaling op meer as een manier uitgelê word, die ideologie die deurslag gee. Voorbeelde hiervan is waar sommige deelstate in die VSA op sterkte van dieselfde grondwet, die doodstraf toepas en ander nie. In sommige deelstate is lyfstraf by skole verbied, terwyl seuns en meisies in ander met ‘n houtspaander brandboud opdoen. Mogoeng toon tekens dat hy voorkeur gee aan uitlegte wat versoenbaar is met die Christen-demokrasie, maar sy uitlatings herinner dikwels aan dié wat kenmerkend is van die fundamentalisme van die VSA se suide. Die persoon wat die leierskapskursus aangebied het, is John Maxwell. Die probleem is dat Google verskeie bekende John Maxwell’s oplewer wat verwarring veroorsaak. News24 dui die John Maxwell wat die kursus aanbied aan as ‘n Suid-Afrikaner wat diep spore in die bankwese getrap het, terwyl RSG na hom verwys as ‘n evangelis wat uit die Amerikaanse charismatiese tradisie kom, en later in leierskapseminare en -boeke gespesialiseer het. Klaarblyklik is die Amerikaner die persoon ter sprake. Hoewel Maxwell, aldus Amazon Books, die outeur was van ‘n boek, Creationism versus Theist Evolution, en hy soms as ‘n voorbeeld genoem word van ‘n voorstander wees van jong aarde kreasionisme, of te wel, “creation science” dui meer onlangse gegewens daarop dat hy hom eintlik volledig op leierskapsontwikkeling toespits. Hy geniet deur verskeie gesaghebbende Amerikaanse instellings erkenning hiervoor. “Creation science” word nou onder meer dwarsleggend in die drie Afrikaanse kerke as ‘n wapen teen die meer gevestigde opvattings aangewend, en word algaande ‘n bykomende klip in die versoeningspad. Die Gereformeerde Kerke het met sy onlangse sinode besluit om bloot kennis te neem van ‘n verslag van ‘n studiegroep wat ‘n alternatief met sterk “creation science”-elemente te neem, na die sinode besluit het om verdelende kwessies eers op die ys te plaas. |
In die publikasie van die Steedshervormers is ‘n artikel gebruik van ‘n skrywer van die Trojaanse perd in die NG Kerk en bekende aanhanger van “creation science” om maar ‘n paar voorbeelde te noem. Die leier van die Suid-Afrikaanse Christen-Demokratiese Party, ds. Theunis Botha, het luidens SAPA tot die debat toegetree en na spesifieke voorbeelde verwys waar die Grondwetlike Hof in die verlede die sekulêr-liberale uitgangspunt gevolg het, soos die wettiging van aborsies op aanvraag. Hierdie einste kwessie maak nou sterk deel uit van die Amerikaanse presidentsverkiesing, waar Republikeinse kandidate vroeg reeds hul teenkanting teen aborsies op aanvraag moes toon, of opposisie in hul nominasiestryde sou moes verwag van die konserwatiewe lobbies soos die Christian Coalition of America en die Tea Party. Die vernaamste dryfveer is dat pres. Barack Obama ‘n sterk voorstander is van aborsies op aanvraag, wat die partial birth-metode insluit, en ook onlangs werkgewers, selfs kerke, verplig het om in hul mediese voorsiening vir werkers vir aborsies op aanvraag voorsiening te maak. Of Mogoeng se motiewe bloot leierskapsontwikkeling was, sal niemand met sekerheid weet nie. Kwaadwilligheid het gou ingetree met hardnekkige berigte dat Mogoeng die hof-ringkoppe verplig het om dit by te woon, ‘n opdrag wat dan in die wind geslaan is. Die hoofde van howe wat Mogoeng steun, en Mogoeng se kantoor ontken dit, en selfs na die presiese bewoording aan die media voorgehou is waaruit dit duidelik blyk dit was geen opdrag nie, word die swartsmeerdery volgehou. Kenners van die sogenaamde Islamokrasie wys daarop dat die weste en die wêreld van die Islam heel uiteenlopende beskouings het oor wat die term “sekulêre staat” beteken. In sommige westerse lande neig dit om met ateïsme, en selfs onverdraagsame ateïsme gelykgestel te word, terwyl dit in die Moslemwêreld waar state amptelik sekulêr is steeds ‘n duidelike voorkeur vir die Islam verteenwoordig, soos in Turkye waar diskriminerende wetgewing teen Christene stadig en moeisaam uit die wetboeke begin verdwyn. In die VSA was ‘n onlangse fase waar dit veral opvallend was toe ateïste, onder die vaandel van sekularisme, ‘n veldtog teen Christelike simbole in die openbare oog gelei het. Die eerste geval was die regter wat in die sop beland het oor sy beeld van die Tien Gebooie, maar ander soos museums vir gevalle soldate het ook begin deurloop as dit enige Christen-simbool soos ‘n kruis sou insluit. Selfs die “In God we trust” wat die afgelope byna sestig jaar op Amerikaanse geld pryk, het onder skoot gekom. |
Sonder dat Mogoeng dit waarskynlik in gedagte het, word hy nou geleidelik die hoop van ‘n groot groep Christene wat werklik moeg word om voortdurend vir hul Christelike oortuigings onder skoot te kom. Tien jaar sedert aborsies op aanvraag in Suid-Afrika gewettig is, is vroeër vanjaar herdenk met die nuus dat sowat ‘n miljoen babas in die periode geaborteer is. Die vernaamste kerke, soos die Afrikaanse susterkerke, die AGS en die Rooms-Katolieke, asook al die charismatiese kerke met ideologiese bande met die VSA se suidelike Baptiste, is hierteen gekant. Tog stem die meeste van hierdie lidmate in die praktyk vir partye wat pro-aborsie is of wat ‘n keusevryheid bied. Na liberalisme in Afrikanerpolitiek onlangs taamlik wyd erg onder skoot gekom het, soos met die gewraakte DASO-plakkaat, kritiek op AfriForum se haatspraak-hofsaak teen Malema, en weer Max du Preez en denkgenote se kritiek op AfriForum se veldtog oor die regstel van die geskiedenis, wil dit voorkom of daar ‘n wydlopende aksie is om liberalisme weer in ere te herstel. In die afgelope Sondag se Rapport word pres. Zuma in ‘n berig bygedam oor ‘n godsdiens-politieke stelling, waar hy moontlik vir die eerste keer iets in dié verband gesê het wat Christelik onberispelik is. Hy het naamlik na die mens as feilbare wese verwys, en gesê ook die grondwet is nie volmaak nie. Slegs God is volmaak. Voorts meld die skryfster, sonder vermelding van bronne, dat Suid-Afrika se grondwet wêreldwyd as die beste model beskou word. In werklikheid sal baie van die land se voorste grondwetkenners, verspreid oor die politieke spektrum, hiervan verskil, terwyl baie grondwetlike kenners buite Suid-Afrika met verbasing hierop sal reageer. België, onder meer, werk al jare in die teenoorgestelde rigting juis om die tipe diversiteitsprobleme wat Suid-Afrika ervaar, die hoof te bied. Op gisteraand se RSG-program, Kommentaar, het prof. Albert Venter juis op die dilemma van die Suid-Afrikaanse, ook Afrikaanse kieser, gewys. Peilings dui daarop dat ook die meestal konserwatiewe Afrikaner eerder pragmaties as ideologies, vir die DA stem waarvan die DNS liberaal is, en waarvan die leier, Helen Zille, die uitstaande eksponent is. Die feit is dat ook diegene met konserwatiewer neigings wat na berig word ‘n troonrevolusie in die DA beplan, moet aanvaar dat die DA ‘n etniese swart party, leierskap inkluis, moet word om die ANC ernstig te kan uitdaag. Die feit is dat talle grondwette, soos dié van Indië, Nieu-Seeland, België en Spanje, en selfs die Europese Unie, juis elemente bevat om hierdie staatkundige onmag van minderhede teen te werk. |
Die feit is dat talle grondwette, soos dié van Indië, Nieu-Seeland, België en Spanje, en selfs die Europese Unie, juis elemente bevat om hierdie staatkundige onmag van minderhede teen te werk. Hierby kan bygevoeg word, dat ook die Christen-meerderheid hier op die staatkundige vlak tot ‘n minderheid met beperkte inspraak gereduseer word, maar hiervoor moet die Christen-kieser self ook minstens deel van die blaam dra. Of Mogoeng die ridder op die wit perd is wat die land na ‘n gebalanseerde staatkundige uitkoms sal lei, is te betwyfel. |
Mabasa sê die man het beserings aan sy knieë opgedoen terwyl hy uit die motor ontsnap het en hy is deur ʼn dokter in die wildtuin behandel. |
Hulle sal Vrydag in die Zwelitsha-landdroshof verskyn. |
Die oorledene was ‘n 69-jarige man wat dood is toe ‘n tornado ‘n karavaanpark in die dorpie Shawnee naby Oklahoma City platgeveeg het. |
“Indien die vakbondverteenwoordigers dié uitlating gemaak het, moes NUM se bestuur die leierskap van Numsa genader het en dit op só manier probeer uitklaar het, en nie deur die media nie.” |
Gedagte vir die dag: ʼn Vol lewe Eksodus 20:13 – Jy mag nie moord pleeg nie. Wanneer mens oor moord dink – of soos dit ook vertaal is: doodslaan – kom die gedagte by jou op van ʼn wegneem van iemand se kans op lewe. En daarom moet eers gevra word na hoe die Bybel lewe verstaan. Lewe is iets wat God by die skepping tot stand gebring het. Dis ook aan die mens gegee om met verantwoordelikheid teenoor alles en almal gebruik te word. Die Psalmdigter het by geleentheid gesê: Lewe is om God te lowe (139:14), en elders (6:5), dat iemand in die doderyk God nie kan loof nie. Die mense se hoogste doel is dus om as beelddraer van God te lewe tot sy eer. Dit maak lewe so kosbaar. Wat hier gevra word is ʼn herwaardering van die lewe. ʼn Respek vir lewe. Vir ons eie en vir dié van ander. Dit kom nie vanself nie. Soos asemhaal, dink ons nie elke dag daaroor nie, en tog is dit broodnodig. Die lewe is broos en kort, maar tegelyk kan dit vol en besonders wees – soos die Here dit bedoel het (Joh. 10:10). Ons liggame is ʼn tempel van die Heilige Gees (1 Kor. 3:16). Ons het ʼn verantwoordelikheid om dit op te pas, om dit in stand te hou. Ons moet daarvoor sorg, deur gesond te lewe, te eet en te drink. Ons moet veral oppas dat ons niks sal doen wat ons liggame verslaaf en sodoende afbreek nie. Almal wat kos produseer, moet toesien dat dit opbouend is vir die liggaam en nie sodanig gemanipuleer word dat dit mense se gesondheid kompromitteer nie. Vraag en aanbod, wins en verlies kan in baie gevalle belangriker beginsels word as mense. Medici en navorsers moet alles in die stryd werp om mense se fisiese welsyn te verbeter en aan elkeen ʼn kans op ʼn vol en ryk lewe te bied. Elkeen van ons moet alles moontlik doen om elke mens se lewenskwaliteit te verhoog. In ʼn wêreld waar ongelykheid aan die orde van die dag is en die gaping tussen ryk en arm al groter word, moet ons help toesien dat mense toegang het tot basiese dienste, sodat hulle nie voel dat hulle stukkie vir stukkie doodgaan nie, maar hulle deel van die lewe kan benut. Gebed: Here, leer ons om die lewe te geniet en waardeer. Amen Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer. |
Amen Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer. |
Die verdagtes sal Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn. |
Oscar Pistorius-moordverhoor: Vriend getuig oor skoot deur sondak Oscar Pistorius tydens die hofverrigtinge op 11 Maart 2014 Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool (SAPA) Darren Fresco het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig oor ‘n skoot wat Oscar Pistorius deur die sondak van ‘n motor gevuur het. Fresco het in September 2010 die motor bestuur en Pistorius en sy eksmeisie, Samantha Taylor, was in die motor. Hulle is tydens die rit vir ‘n spoedoortreding afgetrek en Fresco het met die metropolisiebeampte staan en gesels toe Pistorius uitgeklim het. ‘n Tweede beampte het Pistorius se vuurwapen op die passasiersitplek sien lê. Volgens Fresco het Pistorius en die beampte ‘n woordewisseling gehad en die atleet het glo aan hom gesê ‘mens vat nie net aan ‘n ander man se vuurwapen nie’. “Hy was ontstoke dat iemand anders aan sy vuurwapen gevat het,” het Fresco gesê. Die drie het daarna weggery toe Pistorius sonder enige waarskuwing die skoot deur die sondak afgevuur het. Fresco het aan die hof gesê hy het vir Pistorius gevra of hy ‘f****n mal’ is. Die staatsaanklaer wou weet hoe Pistorius hierop reageer het, en Fresco het getuig hy het net gelag. Taylor het verlede week getuig Pistorius het “uit frustrasie” die skoot afgevuur nadat hulle deur die metropolisiebeamptes afgetrek is. Klik hier om meer te lees. Pistorius word aangekla van die moord op Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit. Fresco het ook getuig oor die voorval in Januarie 2013 in die Tasha’s-restaurant in Johannesburg toe Pistorius glo per ongeluk ‘n skoot in die restaurant afgevuur het. Pistorius het Fresco se vuurwapen in die restaurant hanteer en ná die skoot afgegaan het, hom versoek om die skuld te dra. Klik hier om meer te lees. Prof. Gert Saayman, patoloog, het Dinsdagoggend aan die Pretoriase hooggeregshof gesê die hof sal ‘n besluit moet maak oor die akademiese literatuur wat Reeva Steenkamp se laaste maaltyd bevraagteken. Barry Roux, vir Pistorius, het studies aangehaal wat variasies in die bevindings oor maaglediging aandui gebaseer op die tipe ete en die persoon wat die maaltyd genuttig het. Saayman het Maandag getuig dat Steenkamp na beraming ongeveer twee uur voor haar dood geëet het. Dié ete het hoofsaaklik uit groente en kaastipe proteïn bestaan. Saayman se getuienis is teenstrydig met Pistorius se verklaring in sy aansoek om borgtog dat hy en Steenkamp omstreeks 22:00 bed toe is nadat sy joga gedoen het. |
Saayman se getuienis is teenstrydig met Pistorius se verklaring in sy aansoek om borgtog dat hy en Steenkamp omstreeks 22:00 bed toe is nadat sy joga gedoen het. Bure het vroeër getuig hulle het omstreeks 03:00 op 14 Februarie 2013 gille uit die atleet se huis gehoor. Saayman het aan Roux gesê hy baseer sy getuienis op literatuur wat hy die afgelope 30 jaar lank bestudeer het en sy ervaring van tussen 10 000 en 15 000 lykskouings. Hy het gesê chirurge maak daagliks die aanname dat ‘n maag ná vier ure leeg sal wees. Hy weet egter nie hoe groot Steenkamp se laaste maaltyd was nie, so dit is nie moontlik om te bepaal watter persentasie reeds verteer was toe sy geskiet is nie. -SAPA Volg die hooftrekke van die hofverrigting gratis op Maroela Media. |
Die land lê in die sogenaamde “ring van vuur” waar kragtige aardbewings en vulkaniese uitbarstings algemeen is. |
Die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 42 jaar oud, sal Woensdag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn. |
“Artistieke vryheid en vryheid van spraak moet beskerm word, maar dit verander nie die feit dat die lied ’n oorskryding van die gelykheidswet is en dat haatspraak nie deur die reg op vryheid van spraak beskerm word nie.” Roets het bygevoeg dat die toets vir haatspraak nie gesetel is in wat die kunstenaar beweer sy bedoeling met die lied is nie, maar eerder of dit redelikerwys vertolk kan word as dat dit ’n voorneme demonstreer om kwetsend of skadelik te wees, of dat dit skade of haat aanhits. |
Die polisie ondersoek die botsing. |
Kom eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer Hartskos. Dit is was Deon en Anita Meyer in dié boek met lesers deel. Die disse in die boek is heerlik, maklik om te maak en geliefd onder Suid-Afrikaners. Die wydste verskeidenheid kos kom aan die beurt, van Deon se oggend-muesli tot die broodpoeding waarmee die Meyers Sondagmiddagete afsluit. Trakteer jou mense op heerlike skaapskenkels of murgsagte ribbetjie, gebraaide aartappels en pampoenkoekies. Sluit die ete af met sagopoeding of modderkoek. Baie van die resepte is Karookos uit die Loxton plaasgemeenskap, met ’n spesiale Meyer-kinkel; ander is vinnige kos vir stadsgesinne. Die Meyers het immers vier tieners in die huis, en die tafel sit gereeld vol met familie en vriende. Hul kosfilosofie is dat ’n mens dit moet geniet: die voorbereiding, die geselskap, en die saam eet! Nou nooi Anita en Deon Meyer jou om by hulle te kom aansluit in hul gesellige kuierkombuis. Die tong-in-die-kies, prettige lokprent vir Deon en Anita Meyer se kookboek, Kom eet!, is pas vrygestel. In die video speel Emo Adams en Albert Maritz twee polisiemanne wat gesels oor die Meyers se sogenaamde inhegtenisneming. Speurder Bennie Griessel (‘n karakter uit Deon se misdaadromans) het hulle glo gearresteer, want die resepte in Kom eet! “is so lekker, dis ‘n crime“! Lekker kyk en lag: Oor die outeur Deon Meyer is ’n internasionale top misdaadskrywer. Hy boer op die topverkoper lyste, en sy werk is al in 25 tale vertaal. Boeke soos Spoor en 13 uur verkoop sommer maklik 30 – 40 000 eksemplare. Maar Deon is ook ’n kosliefhebber en smulpaap, soos duidelik blyk uit sy boeke, waarin die karakters dikwels kokke is of smul aan gunstelingdisse wat noukeurig beskryf word. Nou kan Deon se duisende aanhangers self die disse voorsit en geniet waaraan Deon en sy gesin – en karakters uit sy boeke – so smul. Anita, Deon se vrou, is ’n toegewyde fotograaf. Hulle woon in Durbanville saam met hulle vier kinders: Lida, Liam, Johan and Konstanz. Deon en Anita deel ’n passie vir motorfietse, vir boeke – en vir kos. Familie en vriende – van bekendes en celebs tot die bure langsaan – val gereeld in by die Meyers vir ’n vriendelike kuier en watertand-etes. Uitgewer: Human & Rousseau Prys: R250* * Prys onderhewig aan verandering |
Uitgewer: Human & Rousseau Prys: R250* * Prys onderhewig aan verandering |
Logieser is dus: dit is beter om bang te wees (en nie te baklei nie), as om te veg en doodgemaak te word. |
AgriSA sê hernubare energie gaan in die toekoms ‘n groter rol moet speel om voedselstabiliteit te help verseker. |
eNuus het gaan uitvind wat Greenpeace dink is die antwoord op Suid-Afrika se energiekrisis. |
Ndendwa het ʼn beroep op deelnemers gedoen om onopgeëiste kaartjies by hul naaste Nasionale Lotery-terminale te laat nagaan. |
So hittete of daar was moeilikheid. |
Sy sportsoorte is fietsry en stap, met natuur en avontuur as ander liefhebberye. |
Nkandla-verslag: DA en EFF doen strafregtelike stappe teen Zuma Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’ DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla Nkandla-verslag vrygestel |
Kompetisie & resensie: Treffer na treffer Vol 7- Verskeie Kunstenaars Treffer na treffer volume 7 spog met ‘n lekker verskeidenheid van Afrikaanse musiek. Foto: Verskaf. Hierdie kompetisie is gesluit: WEN! Vyf Maroela Media lesers kan elk ʼn Treffer na treffer Vol 7-CD wen. Stuur vir ons ʼn e-pos na [email protected] en sê watter twee sangers se liedjies op dié album verskyn. Gebruik “DEKADE” in die onderwerpsveld van die e-pos en onthou om ook jou naam en posadres in te sluit! Die kompetisie sluit Dinsdag 28 Julie om 12:00 en wenners sal per e-pos gekontak word. As daar een soort album is waarvoor daar altyd ʼn mark sal wees, is dit versamelalbums met treffers van verskillende kunstenaars. Een van die mees suksesvolle Afrikaanse reekse tot dusver was Treffer na treffer en die sewende volume in hierdie reeks is onlangs vrygestel. Dit is ʼn dubbele versameling en die eerste snit op die eerste CD is die titelsnit van Adam Tas se mees onlangse Afrikaanse album, “Want jy is boer”. Die volgende snit is “Dorings vir Ma”, die eerste enkelsnit vanaf Manie Jackson se jongste album. Andriëtte se gewildheid het die afgelope tyd geweldig toegeneem, en haar nuwe album word blykbaar binnekort vrygestel. Intussen is een van die treffers van haar mees onlangse album, “Welkom in my hart”, hier ingesluit. Een van die gewildste groepe in Suid-Afrika op die oomblik is Blackbyrd. Hulle het al twee albums uitgereik en die eerste treffer vanaf hul debuutalbum, “I feel good today”, is ook deel van die album se speellys. Adam se trefferliedjie, “Sal oorlog vir jou maak”, het die Ghoema-toekenning as Liedjie van die Jaar gewen. Dit was ʼn groot treffer, maar of dit die waardige wenner van hierdie toekenning was, weet ʼn mens nie. Kurt Darren stel elke jaar ʼn nuwe CD vry en dit gebeur selde dat hy met iets werklik oorspronkliks vorendag kom. “Cowboys en crooks” was ʼn uitsondering; ʼn lekker snit wat nie naastenby so gewild was as wat dit moes wees nie. Daarom is dit goed dat dit hier ingesluit is. Snotkop het dwarsdeur sy loopbaan ʼn aantal bekende liedjies in Afrikaans gesing en gewoonlik is dit beter as die swak vertalings wat soms in ons kele afgedruk word. Een voorbeeld is die huidige treffer vanaf sy nuwe album, naamlik “Rock my Amadeus”, die Afrikaanse weergawe van Falco se nr. 1-treffer “Rock me Amadeus”. |
DJ Ossewa is een van daardie groepe waaroor óf mal is óf niks van hou nie. “Briljantjie” is ʼn lekker partytjieliedjie, maar eintlik het dit niks om die lyf nie. Nicholis Louw se jongste album, Só rock ons die wêreld reg, is sy beste in baie jare en die titelsnit, wat hier ingesluit is, behoort ʼn treffer te word. Ricus Nel is die tweede kunstenaar wat nie ʼn Afrikaanse snit op die album het nie; “I believe in you” kom van sy suksesvolle album Ricus Nel sing Don Williams. Dozi het na ʼn lang stilte teruggekeer tot die musiektoneel en “Kruispad” is een van die treffers vanaf sy album Hande vol genade. Hennie Jacobs is nie net Diederik van 7de Laan nie, maar ʼn uiters talentvolle sanger met ʼn lae basstem. “Dit is die land” is die titelsnit vanaf sy mees onlangse album en verdien meer radiolugtyd as wat dit al gekry het. Johan Oberholzer en Wilmari Rautenbach was die twee lede van die sangpaar Hulle, wat ongelukkig net een album vrygstel het. Johan het homself intussen as liedjieskrywer gevestig. “Al wat jy gaan kry” is beslis een van die beste snitte vanaf hul album; dis goed dat hierdie snit, eerder as “Laaste asem”, ingesluit is. Die laaste snit op die eerste CD is “Dat jy myne is” deur die uiters talentvolle Joshua Na Die Reën. Manie Jackson maak geen geheim daarvan dat hy ʼn onbeskaamde Bles Bridges-aanhanger is nie. Sy stem is by Bles sʼn gevoeg vir Marie van Zyl se treffer “Sien jou weer”, wat op die Bles Bridges-huldeblykalbum Dankie vir alles ingesluit is. Daar is verskeie snitte op die tweede CD wat nog nêrens anders beskikbaar is nie. Die eerste daarvan is “Asemloos” van Liezel Pieters. Dit is wel ʼn Europese melodie met Afrikaanse woorde, maar dit is so ʼn lekker snit dat dit nie saakmaak nie. Hopelik sal Liezel se eerste volledige CD binnekort vrygestel word. Die getroude sangpaar Anders het die temaliedjie vir die rolprent Knysna opgeneem en totdat hul nuwe CD vrygestel word, is hierdie versameling die enigste album waarop dit beskikbaar is. André Venter was voorheen lid van die groep Romanz en deesdae is hy die aanbieder van die televisieprogram Jam op kykNet. Sy eerste solo-opname, “Ek sal by jou bly”, is eksklusief op hierdie versameling beskikbaar. Pierre Rossouw was die wenner van die kompetisie Ons soek die sanger en sy eerste album is omtrent drie jaar gelede vrygestel. |
Dit is nog nie bekend wanneer sy tweede album vrygestel word nie, maar “Feitlik ordentlik” is solank eksklusief op hierdie versameling beskikbaar. Dit is ʼn lekker snit wat die dansvloere gou vol sal kry. Die reeks Krone-konserte wat die afgelope jaar of wat gehou is, het groot aftrek gekry en dit is op CD en DVD vrygestel. Dit is egter ʼn ope vraag of die “Klein bietjie wyn”-keurspel vanaf daardie konsert op ʼn album soos hierdie een hoort. Carike Keuzenkamp en Nianell span saam vir “As ek droom”, wat al deur Janita Claassen en Manuel Escorcio opgeneem is. NRG se tweede album, Roulette, het al drie treffers opgelewer, waarvan “Onvoorwaardelik” die mees onlangse een was. Die volgende snit gaan die gewildheid van hierdie album verseker. Brendan Peyper was verlede jaar nog in matriek, maar hy het die musiektonel soos ʼn bom getref met sy debuut-enkelsnit “Stop, wag, bly nog ʼn bietjie”. Hy het hierdie snit saam met Neil Schoombee geskryf en hoewel die lirieke effens oppervlakkig is, is dit meer geloofwaardig as die pogings van ouer en meer gevestigde kunstenaars wat soortgelyke liedjies probeer sing het. Die video is al derduisende kere op YouTube gekyk en dit is seker ʼn uitgemaakte saak dat sy debuutalbum ʼn groot sukses sal wees wanneer dit die dag vrygestel word. Desmond Wells is al byna tien jaar in die bedryf, maar hy het nog nie regtig ʼn groot treffer gehad nie. “Bloubergstrand” kan alles dalk net verander. Vegas se album, Beste tyd van my lewe, is vroeër vanjaar vrygestel en hoe minder ʼn mens daarvan sê, hoe beter. Die titelsnit is hier ingesluit. Heuning is seker die naaste wat enigiemand tans aan Afrikaanse country-musiek kom, maar die vraag is of daar so iets bestaan. Hul bydrae tot hierdie versameling is “Bietjie langer bly”, die Afrikaanse weergawe van Jason Aldean se treffer “Don’t you wanna stay”. Rinel Day het haarself die afgelope paar jaar in die musiekbedryf gevestig, en “DJ speel dit weer” is tot dusver op albei haar albums ingesluit. Die vrouesanggroep Mwah het nog net een album vrygestel en sedertdien is een lid van die groep met ʼn ander een vervang. “Gee gee gee” was seker hul grootste treffer tot dusver. Dirk van der Westhuizen het vir groot omstredenheid gesorg toe hy Psy se treffer “Gangam style” by sy eie liedjie “Supercool” ingesluit het. Met die eerste treffer vanaf sy nuwe album, “Deur jou oë” het hy egter gewys dat ʼn mens hom dalk net ernstig kan opneem. |
Met die eerste treffer vanaf sy nuwe album, “Deur jou oë” het hy egter gewys dat ʼn mens hom dalk net ernstig kan opneem. Hierdie album het weereens die potensiaal om baie gewild te word, veral omdat daar soveel snitte is wat nêrens anders voorkom nie en daarom is dit dalk net die moeite werd vir diegene wat op hoogte wil bly van die jongste verwikkelinge in Afrikaanse musiek. https://youtu.be/Af4Q1mQ65Lw |
Otto het die gemeenskap versoek om baie versigtig te wees wanneer hulle naby water is en het ʼn beroep op ouers gedoen om hul kinders te vergesel wanneer hulle gaan swem. |
Uitgewer: Protea Boekhuis Prys: R125.00* *Prys onderhewig aan verandering |
#RIVRandall pic.twitter.com/ECjT0C7zmz — AfrikaanseMusiekNuus (@AfrikaansM) December 27, 2015 https://youtu.be/rKxHcnMCeaw https://youtu.be/GTUMVo11b6c Randall Wicomb (1949-2015)Skaam sigeuner van my taalWie gaan haar nou deur sy tande haal soos suikerriet, en soos met… Posted by Steve Hofmeyr on Sunday, 27 December 2015 |
Dit lyk asof die wortels heeltemal uit die grond getrek en die boom net omgeval het.” |
Voertuie wat in ʼn goeie toestand is, is padwaardig [NIE: padvaardig] Skepe is seewaardig Vliegtuie is lugwaardig |
As jy As Drome Vlerke Kry vir jou dorp of stad wil bespreek, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan [email protected] |
“Daar kon ongelukkig niks vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar.” Die polisie ondersoek die voorval. |
Ons sal noodgedwonge vakante poste moet vries en aansienlik moet afskaal op nuwe poste, waaronder vir onderwysers, om ons snelgroeiende bevolking te dien.” Zuma sal die staatsrede volgende Donderdag in die parlement lewer, met Gordhan se begrotingstoespraak twee weke later. |
Plaaslike polisiebeamptes is na die toneel ontbied om die ongeluk te ondersoek. |
Die pakkie is aan die SAPD oorhandig vir verdere ondersoek. |
Zika-virus seksueel oorgedra in Texas Aedes aegypti-muskies soos gesien deur ‘n mikroskoop by die Fiocruz-instituut in Recife, Brasiliël. Foto: AP Photo/Felipe Dana, File Gesondheidsbeamptes het bevestig ʼn persoon in Texas is deur seksuele omgang met die Zika-virus besmet. Dit is die eerste geval waar die siekte binne die Verenigde State van Amerika oorgedra word, te midde van die huidige uitbreking in Latyns-Amerika. Die onbekende persoon het nie gereis nie, maar het wel gemeenskap gehad met ʼn persoon wat van Venezuela teruggekeer het, en met die virus besmet is, het gesondheidsbeamptes in Dallas Dinsdag bevestig. Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer (CDC) het in ʼn verklaring gesê laboratoriumtoetse het bevestig die persoon, wat nie gereis het nie, is met Zika besmet. Die virus, wat gekoppel word met geboortedefekte in die Amerikas, word hoofsaaklik deur muskiete versprei, maar beamptes ondersoek ook die moontlikheid dat dit seksueel oorgedra kan word. Die CDC het gesê hy sal binne die volgende paar dae riglyne uitreik om te voorkom dat Zika seksueel oorgedra word. Dit sal veral op mans en swanger vroue fokus. Die CDC het swanger vroue ook aangeraai om reise na meer as twee dosyn lande uit te stel waar Zika-uitbrekings voorkom. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Maandag ʼn wêreldwye noodtoestand oor die virus uitgereik en gesê dit is ʼn “buitengewone voorval” wat ʼn bedreiging inhou vir die res van die wêreld. Die afkondiging is gemaak ná ʼn noodvergadering van onafhanklike kenners wat ontbied is in reaksie op ʼn toename in die aantal babas wat met breinskade of abnormaal klein koppe in Brasilië gebore is, sedert die virus verlede jaar vir die eerste keer daar aangemeld is. Die WGO het gesê dit kan tussen ses en nege maande lank duur voordat wetenskap voldoende bewyse het dat daar moontlik ʼn ooreenkoms bestaan tussen die virus en die babas wat met abnormaal klein koppies gebore word. Die Zika-virus is vir die eerste keer in 1947 in Uganda geïdentifiseer. Daar is nie geglo dat dit enige ernstige effekte het nie, tot verlede jaar. Ongeveer 80% van persone wat besmet is, toon nooit enige simptome nie. Die mees algemene simptome is koors, ʼn uitslag, gewrigspyn en rooi oë. Die siekte is gewoonlik matig en simptome kan tussen ʼn paar dae en ʼn week lank duur. Die simptome begin gewoonlik twee dae tot ʼn week nadat ʼn persoon deur ʼn besmette muskiet gebyt is. |
Die simptome begin gewoonlik twee dae tot ʼn week nadat ʼn persoon deur ʼn besmette muskiet gebyt is. Intussen is 4 783 gevalle teen Dinsdag in Brasilië aangemeld van babas wat met ongewoon klein koppies gebore is, waarvan 404 nuwe babas die afgelope week. Altesaam 1.5 miljoen Brasiliane is met die virus besmet. Pres. Dilma Rousseff van Brasilië en pres. Barack Obama van die VSA het verlede week ingestem om ʼn bilaterale kommissie saam te stel wat aan ʼn entstof sal werk. Ierland, Australië en die Karibiese Eilande het intussen ook Zika-gevalle aangemeld. Lees alle vorige berigte oor die Zika-virus op Maroela Media. |
Lindela Mashigo, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die stad kan nog nie ‘n aanduiding gee wanneer die kragtoevoer herstel sal wees nie. |
Jy kan die klankboodskap aflaai: iTunes en Prince Ea |
Solidariteit het in 2013, toe die wysigingswetsontwerp wat tans bespreek word, vir die eerste keer voorgestel is, skriftelike kommentaar daarop ingedien. |
“Loonwysigings is egter moreel die regte ding om te doen om seker te maak dat werknemers se verdienste in lyn bly met verhoogde lewenskoste, en aankoopmag die ekonomie bevoordeel,” het minister Mildred Oliphant in die verklaring gesê. |
Die betrokke owerhede was op die toneel. |
Sy is nog nie buite gevaar nie,” het sy gesê. |
Rampashard bly in aanhouding. |
Toer 21 is eersdaags op jou voorstoep Foto: Verskaf In 2016 kry alle Afrikaanse hoër- en laerskoolonderwysers die geleentheid om van Suid-Afrika se beste professionele opleiding in die onderwys te ervaar. Die SOS bied ʼn dinamiese middagseminaar oor twee dae aan wat fokus op die professionele ontwikkeling van alle Afrikaanse onderwysers, maar veral wiskunde-onderwysers en onderwysers wat Afrikaans as moedertaal onderrig. Toer 21 sal gedurende 2016 21 dorpe en stede landwyd besoek om onderwysers eerstehands in te lig en op te lei. Die eerste twee middagseminare het reeds op 26-27 Januarie in Pretoria plaasgevind, waar 144 gretige onderwysers opgedaag het. “Ons almal by die skool is baie positief oor albei sessies. Ek het vir my hoof kom sê hy moes eintlik na die leierskapsessie gegaan het. Dit was vir my baie lekker om na hierdie uitsonderlike man te luister. Ek hoop nie my aanbiedings steek af by al die ander talentvolle mense nie,” sê mev. A. van Rensburg, departementshoof by die Laerskool Louis Leipoldt in Pretoria. Tydens die middagseminare word onder meer aandag gegee aan rekenaaropleiding in Word, Excel en PowerPoint, terwyl opleiding in Wspel, die gebruik van tegnologie in die klaskamer en blootstelling aan toeps wat Helpende Hand ontwikkel het (veral vir die grondslagfase) ook op die program is. Wiskunde-opleiding wat verband hou met spesifieke inhoud, soos byvoorbeeld breuke, verhoudinge en eweredigheid, asook GeoGebra, word ook ingesluit. GeoGebra is dinamiese sagtewareprogramme wat onontbeerlike is vir wiskunde-onderwysers. Opleiding in Afrikaans as moedertaal vind ook plaas en fokus op assessering (met wenke oor hoe om assesserings skeppend en vinnig af te handel), ʼn bespreking oor letterkunde en wenke vir die opstel van vraestelle, asook die nasien van letterkunde-vraestelle. As deel van die seminare gaan Kobus Neethling se breinprofielontledings ook gedoen word om onderwysers te help om suksesvolle heelbreinonderwysers te wees. Die seminare bied praktiese tegnieke aan, asook didaktiese aanbevelings wat onderwysers in hul beroep en persoonlike lewe kan toepas. ʼn Leierskapsessie word vir skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde aangebied, wat ’n forum bied om uit die kennis en ervarings van vorige skoolhoofde te put om onder andere uit te vind wat effektiewe skoolhoofde anders doen, hoe moeilike ouers hanteer word en hoe belangrik professionaliteit in die onderwys is. Psigometriese toetse teen baie billike pryse en opleiding in die vervaardiging of bou van apps (selfoontoepassings) sal vir leerlinge aangebied word. Die koste verbonde aan die bywoning van die seminare beloop R100 per dag, maar lede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) en die Genootskap van Regte Afrikaanse onderwysers (GeRAT) kan dit gratis bywoon. |
Die koste verbonde aan die bywoning van die seminare beloop R100 per dag, maar lede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) en die Genootskap van Regte Afrikaanse onderwysers (GeRAT) kan dit gratis bywoon. Besoek www.helpendehand.co.za vir meer besonderhede. Die eerste rondte seminare is reeds aan die gang. Die datums wanneer van die dorpe besoek gaan word, is: Vir meer inligting oor Toer 21, kontak asseblief vir Hugo Vermeulen op 012 644 4390 of stuur ʼn epos na [email protected]. |
Hy weeg net onder 3 kg.” Die polisie ondersoek die voorval. |
‘Polisiebeamptes’ slaan op laerskool toe Foto: http://laerskooltzaneen.com/ Vic Rijnen, hoof van die laerskool, het aan Maroela Media gesê die voorval het gebeur nadat die skool reeds begin het en die leerders in hul klasse was. “ʼn Veiligheidsmaatskappy kom haal elke dag kontant by die skool en die reëling is dat die transito-voertuig voor die saal stop en een veiligheidswag by die kantoor ingaan om die geldtrommel uit die kluis te gaan haal,” het Rijnen verduidelik. “Vanoggend het die transito-voertuig oudergewoonte by die hek gestop en toe die veiligheidswag hulle inlaat, het ʼn wit bakkie agter die voertuig die skoolgronde binnegery.” Volgens Rijnen was daar ses insittendes in die bakkie waarvan drie polisieuniforms met koeëlvaste baadjies aangehad het. Die drie ‘polisiebeamptes’ het uitgeklim en in die rigting van die kantoor gestap. “Die veiligheidswag het hulle voorgekeer en gevra of hy kan help en die polisiebeamptes het gesê hulle is op soek na die eienaar van ʼn voertuig wat by ʼn misdaad betrokke was,” het Rijnen gesê. “Hulle het na ʼn motor in die parkeerterrein gestap, op die lisensieskyfie gekyk en gesê dit is die motor waarna hulle soek.” Toe die beampte van die veiligheidsmaatskappy met die geldtrommel uitgestap kom, het een van die rowers ʼn vuurwapen uitgepluk en ʼn skoot afgevuur. Die rowers het die geldtrommel en die veiligheidswagte se selfone gesteel, voordat hulle op die vlug geslaan het, het Rijnen vertel. “Die skool se veiligheidswag het gelukkig reg opgetree en by die kantoor ingehardloop om te sê ons word beroof. Ons kon vinnig die paniekknoppie druk en alles sluit, maar die rowers het binne oomblikke op die vlug geslaan,” het hy gesê. Volgens Rijnen het geen kinders die rooftog aanskou nie en moes slegs een van die skoonmaakpersoneel vir skok behandel word. Die kinders se ouers is ook oor die voorval ingelig en gerusgestel dat niemand beseer is nie. “Ons sal uit die aard van die saak ons veiligheid nog meer opskerp en beslis die roetine met die kontant verander, maar as polisiebeamptes by die skool instap en sê hulle ondersoek ʼn misdaad, kan mens nie regtig weet of daar iets vreemd aan die gang is nie,” het Rijnen gesê. “Ons is net dankbaar dat niemand seergekry het nie en dat die kinders tot ʼn groot mate onbewus is van die voorval.” Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie. |
“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek,” het hy gesê. Maroela Media het vroeër berig dat ʼn veiligheidswag Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn transitorooftog op die pad tussen Tzaneen en Giyani geskiet is. |
Die kortfliek kan gesien word by die Durban International Film Festival tussen 16 – 26 Junie vanjaar. |
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. |
Britse akteurs soos Charlotte Salt (Katherine Sterndale), Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers is ook in die fliek te sien. |
Bespreek by [email protected] of skakel 087 943 2459. |
Beursprogram vir maagde ‘ernstige oortreding van menseregte’ Bathabile Dlamini, minister vir maatskaplike ontwikkeling. Foto: Flickr/GovernmentZA Die uThukela-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal het vanjaar beurse beskikbaar gestel vir 16 jong vroue wat eers toetse moet ondergaan om hul maagdelikheid te bewys voordat die beurse aan hulle toegeken kan word. Dlamini het gesê sy het aanvanklik nie oor die program kommentaar gelewer nie omdat sy eers die saak met verskeie rolspelers wou bespreek. “Die openbare debat het die afgelope week gefokus op die teenstrydigheid tussen die grondwetlike reg tot kulturele gebruike en die reg om vroue en meisies teen diskriminasie en geweld te beskerm. Die bespreking is ʼn bewys van hoe ingewikkeld die Suid-Afrikaanse samelewing is,” het sy gesê. Sy het verduidelik kulturele gebruik, nie net in Afrika nie, maar wêreldwyd, moet bestaansreg hê en gerespekteer word. Dit kan egter nie so gedoen word dat dit inbreuk maak op basiese menseregte nie, het sy gesê. “Maagdelikheidstoetse is nie ʼn Afrika-kwessie nie; dit is ʼn komponent van skadelike praktyke wat daarop gemik is om die liggaamlike integriteit van vroue te onderdruk,” het sy gesê. “In die meeste gevalle is maagdelikheidstoetse oneffektief, onhigiënies en ʼn ernstige oortreding van ʼn meisie se menseregte. Dit is ook nie ʼn betroubare metode om maagdelikheid te toets nie, aangesien vroue se maagdevliese op verskeie maniere geskeur kan word, byvoorbeeld deur fiets te ry.” Dlamini het ook verduidelik die stigma wat aan meisies kleef wat ʼn maagdelikheidstoets “dop” so groot is dat meisies soms gevaarlike metodes gebruik om die toets te slaag, deur voorwerpe soos vleis of nette te gebruik om die illusie van ʼn maagdevlies te skep. “Dit is ondenkbaar dat talle vroue en meisies hulself tot sulke gevaarlike ‘maagdelikheidsredding’-praktyke sal wend om [toegang tot tersiêre opleiding te kry],” het sy gesê. “Meisies onder 18 mag nie maagdelikheidstoetse ondergaan nie, want dit is onwettig. Vroue ouer as 18 moet, volgens die huidige wet, toestemming daarvoor gee. Dit sluit egter nie dwang tot toestemming in deur hulpbronne vir verdere studie beskikbaar te stel nie. Dít is diskriminasie en nie toestemming nie.” Die DA het intussen die Menseregtekommissie (MRK) se aankondiging dat die beursprogram ondersoek sal word, verwelkom. Die party het ʼn beroep op die ANC gedoen om die burgemeester, Dudu Mazibuko, te skors. Die EFF het ook die beursprogram veroordeel en dit as “anti-vrou, patriargaal en ʼn skending van vroueregte” beskryf. |
Die EFF het ook die beursprogram veroordeel en dit as “anti-vrou, patriargaal en ʼn skending van vroueregte” beskryf. |
Van plakkershut na ikoon: ‘21 Icons’ vereer Terry Pheto Die aktrise Terry Pheto. Foto: Verskaf/Gary van Wyk Die aktrise Terry Pheto is onlangs aangewys as een van die uitsonderlike Suid-Afrikaners wat in die 21 Icons-minireeks op TV vereer word. Hoewel die aktrise bekend is vir haar hoofrol in die fliek Tsotsi, wat in 2006 die Oscar gekry het vir die beste buitelandse rolprent, is sy ook aktief betrokke met vervaardigingswerk, onder meer aan die fliek Asanda wat onlangs internasionaal versprei is. Dié aktrise is in 1981 in die informele nedersetting Evaton gebore en het tot op die ouderdom van 19 saam met familie in ʼn plakkershut gewoon. Nadat sy Soweto toe verhuis het om by ʼn gemeenskapsdramagroep aan te sluit, het sy meer betrokke geraak by akteurswerk. ʼn Jaar se deelname aan oudisies het haar die rol in Tsotsi besorg. “Ek het altyd ʼn brandende begeerte gehad vir meer. Daardie begeerte bestaan vandag nog. Selfs al kon ek nie na die beste skole gaan nie, het dit my nooit verhinder om te leer nie. Dit is ook die rede dat ek kon sukses bereik,” vertel sy. Die derde seisoen van die 21 Icons fokus op die toekoms van Suid-Afrika en bring opnuut Suid-Afrikaanse “ikone” in die kollig. Die doel van dié reeks is om Suid-Afrikaanse uitblinkers met ʼn ongewone agtergrond en wat positiewe verandering in jong mense se lewe kan aanmoedig in die kollig te plaas. Die episode toegewy aan Pheto is ʼn gesprek tussen die Suid-Afrikaanse fotograaf, Gary van Wyk, wat die foto’s geneem het en die vervaardiging behartig het, en Pheto self. Sy is gekies om deel van dié reeks te wees vir die vordering wat sy in haar loopbaan gemaak het ten spyte van haar omstandighede en struikelblokke wat haar in die gesig gestaar het, asook vir die impak wat sy het in die Suid-Afrikaanse televisie- en rolprentbedryf. Sy word ook vereer vir haar prestasies. Pheto is in 2015 as ʼn beoordelaar vir die internasionale Emmy-toekennings aangewys en is boonop gekies as die eerste kunste-ambassadeur vir Save the Children South Africa, ʼn instansie wat poog om aan minderbevoorregte kinders goeie onderwys en ontwikkeling te gee. Pheto sê dit is vir haar ʼn eer om op dié lys te wees. “Alles wat in my lewe gebeur het, het ʼn doel gehad. Lewenservaring verseker dat jy emosionele diepte kry. Ek het in my lewe al verlies ervaar, en ek het al liefde ervaar. |
Ek het in my lewe al verlies ervaar, en ek het al liefde ervaar. Dit het verseker dat ek meer in voeling is met mense. Akteurswerk stel my in staat om konneksies met mense te bou, selfs dié wat ʼn mens nie ontmoet nie.” Die Suid-Afrikaanse fotograaf Gary van Wyk het as hooffotograaf vir die derde seisoen van die reeks opgetree. |
Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die ongeluk. |
Indien die voorval wel deur ʼn bom veroorsaak is, het niemand nog daarvoor verantwoordelikheid aanvaar nie. |
Die EFF het aangekondig dat hy Donderdag ʼn mediakonferensie sal hou, vermoedelik om bekend te maak dat die party met die hofaansoek sal voortgaan. |
Pta-waterlikkewaan: ‘Ons het groot geskrik’ Die likkewaan nadat dit gered is. Foto: Verskaf Die waterlikkewaan wat Dinsdag uit ʼn inwoner van Pretoria se swembad gered is, is gesond en sal binnekort in ʼn veilige omgewing vrygelaat word. Craig Allenby, woordvoerder van die Nasionale Dieretuin, het Woensdag aan Maroela Media gesê die dieretuin se veeartse is tevrede met die likkewaan se toestand en is van mening dat hy reeds sterk genoeg is om vrygelaat te word en dat hy in die veld sal oorleef. “Ons sal die nodige permitte na verwagting oor ʼn week hê waarna die reptiel vrygelaat gaan word,” het Allenby gesê. Maroela Media het Dinsdag berig die likkewaan wat 1,5 m lank is en 4,5 kg weeg het groot opwinding veroorsaak toe hy te midde van ʼn hittegolf wat Pretoria getref het, in ʼn inwoner van Villeria in die Moot-gebied se swembad gaan swem het. Die inwoner, Elize Tereblanche, het Woensdag aan Maroela Media gesê ʼn elektrisiën was omstreeks 10:00 buite die huis besig om herstelwerk te doen toe hy ʼn geraas by ʼn asdrom gehoor het. “Dit was baie warm en die asdrom staan in ʼn koeltehoekie. Die elektrisiën het aanvanklik gedink dit is ʼn rot wat by asdrom doenig is, maar het gaan ondersoek instel toe die ding te erg tekere gaan.” Toe die man die asdrom wegtrek, het die likkewaan weggeskarrel en oor ʼn 1,5 meter hoë betonmuur wat die swembad omhein, geklouter. Vandaar het hy eers agter bosse gaan skuil voordat hy skynbaar te warm gekry het en in die swembad gaan lafenis vind het. Tereblanche het gesê hulle het aanvanklik groot geskrik en die heel eerste ding wat sy en haar ma gedoen het, was om hul klein hondjies na veiligheid te neem. “Al het ons geskrik was die likkewaan te mooi om leed aan te doen. My ma het hom dopgehou terwyl ek rondgebel het vir iemand om hom te kom red.” Tereblanche het uiteindelik by Allenby uitgekom, wat gereël het dat ʼn beampte van die dieretuin die likkewaan gaan red het. Ná sowat ʼn uur en half was die likkewaan in die dieretuin se dierehospitaal. Daar was ʼn stuk tou om sy nek verstrengel. Die tou het ʼn groot letsel veroorsaak en was heel waarskynlik al ʼn geruime tyd om sy nek. Die tou het die likkewaan se hioïedbeen in sy nek beskadig. |
Die tou het die likkewaan se hioïedbeen in sy nek beskadig. Allenby het gesê daar word vermoed dat die likkewaan voorheen vasgebind was en losgebreek het. “Iemand het dit dalk vasgemaak om aan te hou as troeteldier, om die vleis te eet, of om dele van die likkewaan te gebruik vir tradisionele medisyne. Aangesien die vleis eetbaar is, is die mees waarskynlike rede dat die reptiel geëet of vir tradisionele medisyne gebruik sou word.” Volgens Allenby kom waterlikkewane natuurlik in Pretoria voor, veral langs strome en riviere. “Hulle is glad nie geskikte troeteldiere nie weens hul temperamentele geaardheid. Dit is ook onwettig om dié likkewane as troeteldiere aan te hou aangesien hulle inheems is en geen inheemse wild in die land as troeteldiere aangehou mag word nie.” Tereblanche het gesê hulle woon sowat ʼn blok van ʼn veld af waardeur ʼn klein spruit vloei. Haar gesin woon al vyf jaar daar en dit is die eerste keer dat hulle ʼn besoeker van só aard gekry het. |
Hy het egter laat Woensdagmiddag sy Facebook-profiel verwyder. |
Opvolg: Pta-waterlikkewaan: ‘Ons het groot geskrik’ |
Kyk die lokprent vir die fliek hier. |
Die Valke het reeds in November 2014 ʼn nuwe hoof in Mpumalanga aangestel nadat Mapyane na die Valke se hoofkantoor verplaas is. |
Maroela Media wag op kommentaar van die polisie. |
Is jou kind ʼn boelie? Foto: Pixabay.com Dis sekerlik elke ouer se vrees dat sy kind geboelie kan word. Maar hoe gemaak as jóú kind die boelie is? Maroela Media het met kundiges gesels om te hoor wat die oorsaak van dié soort gedrag is en hoe ’n mens dit kan uitken en die bul by die horings pak. Die ontstaan van ʼn boelie Juliana Coetzer, ʼn psigoterapeut van Pretoria, meen kinders kan moontlik boeliegedrag by die huis waarneem. “Ek wil nie graag ouers die skuld gee nie, maar kinders sien dalk konflik by die huis. Hulle voel dalk ook hulpeloos weens ʼn situasie in die huis waar die kind se stem nie gehoor word nie. Soms word kinders selfs deur ʼn ouer boetie of sussie geboelie.” Juliana sê hulpeloosheid en onsekerheid is die hoofkenmerk en “vertrekpunt” van kinders wat boelie. Boelies teiken die “swakker kind”, juis omdat dit ʼn gevoel van mag skep. Ander kinders skaar hulle gewoonlik saam met ʼn boelie omdat hulle bang is hulle word ook ʼn teiken. “Dit is wanneer ʼn kind die besef kry van die waarde van vrees – in die opsig dat die vrees wat hy by iemand anders veroorsaak, aan hom mag gee. Dit is hoe boelies ontstaan.” Carien Muller, ʼn spelterapeut van Pretoria, meen boelies is self die slagoffer en wil graag in beheer voel omdat hulle geen beheer in sekere terreine van hulle lewe kan uitoefen nie. Kinders wat by die huis oorheers word deur ouers wat skree of slaan, verweef dié gedrag met hóé ’n mens beheer kry. “So ʼn kind het nie begrip vir ander se gevoelens nie, juis omdat iemand nie begrip het vir sy gevoelens nie. Kinders wat boelies is, het meestal ʼn swak selfbeeld en teiken kinders wat hulle as ‘swakker’ beskou. Vanuit sy perspektief voel hy groter en meer in beheer as hy ʼn ander maatjie se kosblik kan gryp of sy tas wegskop. Karin Grobler, berader en ouerskapafrigter van Kaapstad, sê baie kinders word van kleins af gebrandmerk met die term “Boelie”. Omdat dié etiket om sy nek gehang word, hanteer mense so ʼn kind dan ook aggressief. “Mense het een van drie reaksies wat vanuit die breinstam kom wanneer hulle bedreig voel – veg, vlug of vries. Sekere mense is gerat om te veg wanneer hulle bedreig voel en dit is ʼn natuurlike reaksie. Sulke kinders kan nie geblameer word nie.” Hoe dié soort kinders hanteer word, gaan hulle gedrag verder bepaal. “Wanneer ʼn kind byvoorbeeld ʼn groot bohaai opskop (tantrum oftewel vloermoer gooi) en die ouer hom pak gee, sal so ʼn kind net kwaad word omdat hy ʼn vegreaksie het. |
’n Mens beveg dus eintlik maar net geweld met geweld. Op die ou einde leer ’n mens hierdie kind: Wanneer ek wil wen, moet ek net harder kan slaan of groter skade aanrig.” Karin meen dit is ʼn breinproses en nie ʼn doelbewuste besluit nie. Juliana meen ook dat sommige kinders nie eens besef hulle is besig om te boelie nie. “Vir hulle is dit net wie hulle is en deel van hulle persoonlikheid.” Maar dié soort gedrag moet ook verander word. Hoe verander ’n mens dié gedrag? Juliana meen jy moet jou kinders reeds van kleins af leer wat aanvaarbare gedrag is. “Maak ʼn reël soos: ‘Ons behandel mense met respek’.” Wanneer hy nie dié reël nakom nie, moet jy hom daarvan bewus maak. Jou kind moet ook leer dat ander mense hom met respek moet behandel, en wanneer ʼn kind hom slegte name noem, moet hy weet hoe om dit te hanteer. Karin beaam dit en sê die manier hoe jy ʼn boodskap aan jou kind kommunikeer, is van sleutelbelang. “Wanneer ‘kwaad’ vir jou kind kom kuier, moet jy hom leer hoe om met ‘kwaad’ te maak. Jy moet jou kind van kleins af leer dat almal kwaad word, en dat dit oukei is om kwaad te word, maar dat dit nie oukei is om ʼn maatjie of homself seer te maak nie. Hy moet eerder sy kussing gaan slaan of buite toe gaan en baie hard skree.” Carien sê ʼn kind is nie ʼn eiland nie, maar deel van ʼn groter sisteem. “Kinders doen wat aan hulle gedoen word. Ouers moet kyk wat gebeur in hulle eie huis – hoe hanteer hulle ʼn kind se ongehoorsaamheid? Word daar geslaan en geskree?” Carien sê dit maak ’n mens nie ʼn slegte ouer nie, maar jy moet kyk hoe jy met jou kind kommunikeer. Sy meen ook dat daar ʼn verskeidenheid redes kan wees hoekom kinders boeliegedrag toon. “Selfs geweld op televisie of rekenaarspeletjies wat nie in die regte konteks geplaas word nie, kan ʼn rede wees. Iets soos innerlike angstigheid (wat sensories of neurologies van aard kan wees) oor ʼn maatjie wat te naby staan, kan ook aggressie veroorsaak.” Karin sê daar is baie redes vir dié soort gedrag – al is daar geen fout met hulle huislike omstandighede nie. “Kinders wat sensitief is vir geraas, of selfs iets soos lae bloedsuiker omdat hy honger is, kan ook sulke soort gedrag veroorsaak.” Sy meen enige situasie wat die kind kwesbaar of oorweldig en buite beheer laat voel. En wanneer praat nie help nie? |
En wanneer praat nie help nie? Juliana sê daar moet beslis ingegryp word. Ouers kan nie so ʼn agteruitgang in emosies by ʼn kind toelaat nie. Iemand soos ʼn spelterapeut is ʼn goeie plek om te begin. Carien sê sy sal gesinsterapie en individuele terapie aanbeveel. “Deur terapie leer ’n mens die kind om empatie te hê. Ek doen dit baie met handpoppe sodat die kind ʼn beter bewustheid kan kry van oorsaak en gevolg.” Karin meen dat jy nie jou kind alleen na ʼn terapeut kan stuur nie, maar dat dit ʼn spanpoging moet wees. “Die hele sisteem moet eintlik by die terapeut uitkom – dit sluit in: juffrou, ma en pa. Almal moet aan dieselfde kant wees.” Moontlike gevaartekens dat jou kind boeliegedrag toon of selfs ʼn slagoffer van dié soort gedrag is: Besoek gerus Karin Grobler se webwerf hier, Carien Muller se webwerf hier, en stuur ʼn e-pos aan Juliana na [email protected] |
Nuuskommentaar: Weerbare demokrasie teen ‘dommekratiese’ verval van ANC President Jacob Zuma. Foto: MyANC, Facebook Op die oomblik bevind die Suid-Afrikaanse politiek hom in ’n stewige sirkelgang. Die beginpunt, as daar so iets in ’n sirkel kan wees, is pres. Jacob Zuma en spesifiek die sentimente wat met die #ZumaMustFall-veldtog verband hou. Dit teer weer op die ongelooflike verval en uitrafeling van demokrasie wat onder Zuma se bewind plaasvind – wat gereeld ’n bewind van patronaatskap genoem word. As teenvoeter dryf die ANC die rassekwessie en beskryf enigiets wat hom nie aanstaan nie as rassisme – terwyl daar self lekker agter die deur gestaan word. Dit verander egter niks aan die ekonomiese situasie van die land nie, wat vererger word deur die manier waarop die land “gelei” word. En so word die sirkel terug na Zuma voltooi. En omdat Zuma ongeag alles (vir eers) gaan bly waar hy is, gaan die sirkel in nuusgebeure en besprekings grootliks hierdie selfde sirkelgang volg. Die rubriekskrywer Max du Preez stel dit in sy mees onlangse rubriek soos volg: “Nou ja toe, daar’s die aandag weer terug waar dit hoort: by pres. Jacob Zuma, sy regering en sy party se korrupsie, selfverryking, baantjies vir boeties en vrot administrasie. Hoe hard die ANC ook al probeer om rassisme die hoofgesprek in Suid-Afrika te maak, die verrotting in die Uniegebou en Luthuli-huis gaan kort-kort weer sy kop uitsteek.” Max se rubriek is geskryf voor Zuma, vlak voor ’n hofsaak hieroor, aangebied het om tog ’n deel van die verbeteringskostes van Nkandla uit sy eie sak te betaal. Zuma is daarvoor reeds sentraal terug in die nuus geplaas deur verskillende onthullings wat verskillende koerante gelyktydig gemaak het, en elk die potensiaal van ’n nuwe skandaal inhou. Die gevolg vir die gewone burger is egter onsekerheid. Verskuilde magte is dikwels sonder demokratiese aanspreeklikheid besig om op uiters komplekse wyse te konkel en span ’n heel ander stel waardes in as waarmee die kiesers hulle in daardie magsposisies geplaas het. Hoe gaan die gewone burger hom of haar handhaaf? “Die enigste manier waarop ’n mens jou in onseker tye kan bemagtig, is deur kennis in te win sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem.” Aan die woord is Rothea van Biljon, ’n bekende Bloemfonteinse sakevrou wat ’n beleggingseminaar reël wat binnekort plaasvind. Flip Buys van Solidariteit gebruik gereeld die stelling, leer uit die verlede en bou positief daarop vir die toekoms. Sonder deeglike kennis by die kiesers kan die regering in plaas van ’n demokrasie, ’n “dommekrasie” op die kiesers trek en daarmee wegkom. |
Propaganda in plaas van inligting word gebruik om kiesers dom te hou oor werklikhede. Dit, tot ’n groot mate, bepaal die handhawing van demokrasie, selfs grondwetlike demokrasie waar die grondwet duidelik rigting verskaf en perke stel om magsvergrype te voorkom, of veronderstel is om te keer dat aspekte nie toegepas word nie. Aan die einde van verlede jaar het ’n Nederlander, Bastian Rijpkema, met sy doktorale proefskrif met die titel “Weerbare democratie”, gepromoveer. In breë trekke handel dit oor die gevaar wat die demokrasie vir sy eie voortbestaan inhou. Onder die voorstelle vir die verskansing van demokrasie is behoorlike onderwys, en met die klem op geskiedenisonderrig sodat die bevolking kan leer van die ellende wat diktature in al hul verskyningsvorme al aangerig het. Dus ook kennis. Is daar ’n gevaar van demokratiese erodering in Suid-Afrika? Die afgelope jare is talle voorbeelde in Suid-Afrika genoem en bespreek, waaronder die ANC se koppestamp met die howe se rol om die grondwet toe te pas (die howe is selfs van ’n heulery met die DA beskuldig), voortdurende aandrang op ’n meerderheidstirannie, die minagting van grondwetlike meganismes soos die openbare beskermer en Pansat, ’n voortdurende vertrapping van minderheidsregte soos ’n halsstarrige weiering om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en die aanslag teen Afrikaans en die regte wat daarmee gepaard gaan, en vele meer. Op die oomblik is daar onsekerheid of plaasaanvalle, of selfs die bedreiging van landelike veiligheid, formeel tot prioriteitsmisdaad verklaar is. Pres. Jacob Zuma se skaduwee val wyd oor feitlik al hierdie kwessies. Dit is inderdaad nie gerusstellend dat hy verklaar dat die ANC tot die wederkoms sal bly regeer, dat sy lojaliteit eerstens by die ANC en dan by Suid-Afrika lê (en so sy ampseed verkrag), dat korrupsie ’n Westerse konsep is en vele meer nie. In sy hoofartikel vandag sê Beeld dat die aanslag op Pansat net nog ’n voorbeeld is van ’n regering wat net die dele van die grondwet toepas waarmee hy saamstem. Dis natuurlik ’n ope vraag of die gewone burger genoeg inligting kry om homself te bemagtig, ook as kieser? Dat enorme hoeveelhede inligting beskikbaar is, beteken nie dit bereik almal nie, of dat almal bereik wil word nie. Dit spreek boekdele dat die staat reeds met belangrike projekte soos die sensus en belastingtyd sepies soos 7de Laan se storielyn moes inspan om basiese boodskappe oor te kry. Ander reklame-instellings bly ook nie agter nie. So moet die harde noodsaaklikheid die burgers na hul wêreld, waar hulle juis daarvan probeer ontsnap, agtervolg. |
So moet die harde noodsaaklikheid die burgers na hul wêreld, waar hulle juis daarvan probeer ontsnap, agtervolg. Hierdie soort reklamedruk, veral waar geld te make is, hou gevare in. In Trouw is daar vandag ’n artikel waarin die gevaar, aan die hand van werklike voorbeelde, bespreek word dat reklamegeld selfs die uitkomste van wetenskaplike navorsing bepaal. Wiens brood men eet, diens woord men spreekt. Die uiteindelike bevindings is reeds bepaal nog voor die navorsing gedoen is. Dit raak dus toenemend ’n oerwoud om korrekte inligting te bekom. Dit is weer goed gedemonstreer toe dr. Leopold Scholtz die ongure debat wat telkemale losbars wanneer pres. Wladimir Poetin ter sprake kom, en basies handel oor of Poetin ’n engeltjie is of nie, sinvol probeer koers gee het. Die Amerikaanse ontleder en skrywer Patrick J. Buchanan meen in ’n meningstuk, “Is a new era upon us?”, ook dat groot veranderings in politieke denke vir die VSA voorlê. Hy lei dit af van die vertonings van die linkse Benny Sanders as presidentskandidaat vir die Demokrate en die instinktiewe Donald Trump vir die Republikeine. Hy meen selfs al maak nie Sanders of Trump dit enduit nie, sal die persoon wat wel president word die laaste verteenwoordiger van ’n era wees. Die alternatiewe, en nie-konvensionele denke wat Trump en Sanders losmaak vind eenvoudig te veel inslag om lank nie deel van die Amerikaanse demokratiese sienings te bly nie. |
Harte gaan wyd oop vir droogtegeteisterdes Vrywilligers pak die water van die trokke af. Foto: Facebook via Jakaranda FM Erge droogtetoestande in Suid-Afrika wys opnuut weer hoe ʼn land kan saamstaan in nood, met verskeie organisasies wat kragte snoer om droogtehulp te verleen en geld in te samel. Verskeie organisasies, onder meer AfriForum en Fast Freight, het saamgespan om geld vir droogtegebiede in te samel. Dié gesamentlike projek, “Voer ʼn boer”, se geldelike bydraes word direk aan boere geskenk. Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum, sê dit is belangrik om hulp te verleen aan boere in droogtegebiede weens die erge omvang van die droogte. “Suid-Afrika word deur ’n ernstige droogte geteister. Boere kry ontsettend swaar en sekere dorpe het op dié stadium geen drinkwater nie. Ons kan nie anders as om ook in te spring en te help nie.” Intussen het verskeie sangers ook hul eie veldtogte afgeskop om geld vir dié doel in te samel. André Venter, voormalige lid van Romanz, het by Agri SA se pogings aangesluit om die landbou-bedryf te help. André het “Ons vra U vir reën” opgeneem, ’n lied met ’n boodskap van hoop en met ’n oproep tot alle mense om te bid vir reën en gelowig te volhard. Die lied sal beskikbaar wees op sosiale media, saam met ’n versoek van ʼn R20-donasie per aflaai. Die opbrengs sal aan die Droogte Rampfonds, bestuur deur Agri SA, geskenk word. ʼn Konsert word ook beplan waarvan die opbrengs aan boere geskenk gaan word. Die sanger en liedjieskrywer Adam Tas, gaan elke sent van sy konsert, “Manna vir die boere”, aan droogtehulp skenk. Kunstenaars soos Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Corlea Botha, Jak de Priester en Jannie Moolman gaan ook in dié konsert te sien wees. Die droogte laat ook gemeenskappe saamstaan. Die gemeenskap van Impala Park in Boksburg het ʼn droogtehulp-projek, getiteld “Oos-Rand staan saam” van stapel gestuur. Dié inisiatief het al twee trokke water en voer na Senekal gestuur. Verskeie skole, kerke en instansies was hierby betrokke. “Ons het as gemeenskap besluit om betrokke te raak. Ons het die afgelope naweek ʼn tweede trok met 230 bale veevoer en 43 000 liter water na Senekal toe gestuur,” het Anneke Brits, ʼn aktiewe lid van die groep, aan Maroela Media vertel. Omdat die gemeenskap mense in die area ken, wou hulle spesifiek daar verligting aan boere bring. |
Omdat die gemeenskap mense in die area ken, wou hulle spesifiek daar verligting aan boere bring. Organisasies soos die NWK is ook besig om boere by te staan. Verskeie aksies om die impak van die droogte te probeer verminder en die volhoubaarheid van produsente te help verseker, word tans deur dié organisasie in werking gestel. Moontlike bykomende opsies om produsente te ondersteun, soos uitstel van produksieskuld en/of die konsolidasie van produsenteskuld, word ondersoek. Volgens Danie Marais, besturende direkteur van die NWK, neem dié organisasie aktief deel aan besprekings in georganiseerde landbou en die landboubesigheidsomgewing ter ondersteuning van ʼn poging om die droogte se impak op voedselsekerheid, finansiering, veevoer, waterbeskikbaarheid vir besproeiing en vee asook sosio-ekonomiese implikasies te probeer versag. Inisiatiewe om gemeenskappe in die NWK-gebied wat onder watertekort gebuk gaan te ondersteun, is ook al deurgevoer. Met ʼn waterprobleem in Lichtenburg en die skole wat begin het, is die dogters- en seunskoshuis van Hoërskool Lichtenburg met nagenoeg 200 leerlinge, van water voorsien. As deel van Jakaranda FM se #ProjectWaterDrop is 1 000 vyf liter bottels water deur NWK en sy personeel geskenk. Ter ondersteuning van ʼn Agbiz-inisiatief is ʼn gebedsbyeenkoms op 20 Januarie by die hoofkantoor en van die bedryfspunte gehou. Só jy kan jy die projekte ondersteun: |
Doopwater en wywater bevat ook sout vanweë die bygeloof dat die duiwel bang is vir sout. |
Die polisie en verkeerpolisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek. |
Die nuusagentskap het verder berig dat John Rivera, president van Miami-Dade se polisie-unie, later gesê het Fonticiella sal nie oor die aangeleentheid aangespreek word nie aangesien daar geen bewyse is dat hy wel die spoedgrens oorskry het nie en hy hoflik en professioneel teenoor Castillo opgetree het. |
Die man is op die toneel dood verklaar. |
Hy sal in Pretoria begrawe word. |
Reinier Lagois op Maroela Media. |
Hulle dae van beamptes treiter is getel.” |
Pta-polisieman doodgeskiet: Dubbele tragedie vir broer Lt. kol. Reinier Lagois saam met sy ma, Ina Lagois-Mills. Foto: Verskaf Lt. kol. Reinier Lagois (42) se liggaam is Maandagaand by sy huis in die Moot gevind. Altesaam 14 koeëldoppies het op die toneel gelê en sy blougrys Toyota Corolla word vermis. “Iemand het my seker so rondom 22:00 gebel om te sê hy is dood,” het Hennie Lagois, Reinier se broer, aan Maroela Media gesê. “Ek weet nie eens of dit ʼn huisroof was en of dit ʼn kaping was nie. Ek wil nie bespiegel oor wat gebeur het nie. Ek het natuurlik my bedenkinge, maar ek wil dit nie met iemand deel nie. Ek respekteer my broer se privaatheid.” Hy het gesê hy het sy broer Sondagaand vir die laaste keer gesien. “Ek en hy en ʼn ou skoolpel het saam ʼn eisbein gaan eet. Dit is die laaste keer wat ek met hom gepraat het.” Hennie het sy broer as ʼn perfeksionis beskryf wat pynlik netjies op homself, sy huis en sy voertuie was. “Ek onthou toe ons klein was het ons ʼn kamer gedeel en as my skoene skeef gestaan het, het Reinier dit reggeskuif. Alles moes altyd perfek netjies wees,” het hy vertel. “By hom was iets óf reg óf verkeerd en hy was streng met mense saam met wie hy gewerk het. Dinge moes reg wees. Maar hy was ʼn mense-mens. Hy was baie sosiaal en het goed met ander oor die weg gekom.” Reinier was geskei en het nie kinders gehad nie, het Hennie gesê. Dit is die tweede tragedie wat Hennie in ʼn kort tydjie tref nadat sy vrou, Jackie (49), drie weke gelede onverwags aan ʼn hartaanval oorlede is. “My ma kuier op die oomblik nou by Jackie se ma – albei van hulle het nou kinders verloor.” Op ʼn vraag hoe hy twee sulke groot verliese na mekaar hanteer, sê Hennie dat dit baie swaar is. “Ek het eers gedink ek is harteloos omdat ek nie huil nie, maar gisteraand het ek en my dogters saam met my jongste sussie sit en gesels en toe loop die emosies oor. Toe het ons saam behoorlik gehuil,” het hy gesê. “Al ons planne is nou van die baan. Dit is hartseer dat my dogters nie eendag die voorreg gaan hê om hulle ma op hul troudag te hê nie. ʼn Mens weet nie hoekom sulke goed gebeur nie.” |
ʼn Mens weet nie hoekom sulke goed gebeur nie.” |
Beide voorvalle word deur die Valke ondersoek. |
Zuma wil glo gedeelte van Nkandla terugbetaal Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane Volgens Zuma is ʼn skikkingsvoorstel by die konstitusionele hof ingedien. Die voorstel is dat Pravin Gordhan, minister van finansies, en Kimi Makwetu, ouditeur-generaal, moet vasstel watter gedeelte van die geld Zuma moet terugbetaal. “Die president stel voor dat die beslissing van die bedrag wat hy moet betaal onafhanklik en onpartydig bepaal moet word om sodoende ʼn einde te bring aan die uitgerekte geskil in ‘n wyse wat voldoen aan die aanbevelings van die openbare beskermer,” het die presidensie in ʼn verklaring laat Dinsdagaand gesê. “Gegewe die beswaar deur een van die partye oor die betrokkenheid van die SAPD, soos deur die openbare beskermer vereis, moet die ouditeur-generaal en minister van finansies op versoek van die hof die proses uitvoer wat deur die openbare beskermer voorgestel is.” Thuli Madonsela se verslag in 2014 het bevind dat Zuma en sy gesin onbehoorlik gebaat het by die opgraderings aan sy Nkandla-woning. Madonsela het voorgestel dat Zuma ʼn gedeelte van die geld wat nie vir veiligheidsverwante opgraderings gebruik is nie moet terugbetaal en dat die nasionale tesourie in samewerking met die polisie moet bepaal wat die bedrag is. Die minister van polisie het egter hierna ook ʼn verslag oor Nkandla saamgestel en bevind dat die opgraderings alles veiligheidsverwant was en dat Zuma geen geld hoef terug te betaal nie, maar dat daar eerder nog opgraderings gedoen moet word. Zuma se aanbod kom ʼn week voor die konstitusionele hof ʼn saak deur opposisiepartye sou aanhoor. Die DA en EFF het versoek dat Zuma ʼn gedeelte van die koste moet terugbetaal soos deur Madonsela aanbeveel is. Die saak is veronderstel om op 9 Februarie aangehoor te word, twee dae voor Zuma se staatsrede. Zuma se staatsrede verlede jaar is in chaos gedompel toe EFF-LP’s en veiligheidsmagte slaags geraak het. EFF-LP’s het onophoudelik “pay back the money” gedreunsing voordat hulle uit die parlement verwyder is. Die presidensie het egter in Dinsdagaand se verklaring volgehou dat Zuma nie aanspreeklik gehou kan word vir die oortredings wat tydens die Nkandla-projek begaan is nie. “Daar is steeds ondersoeke aan die gang oor hoe die ongerymdhede plaasgevind het en na die amptenare en konsultante wat daarby betrokke was,” het die presidensie gesê. “Die verslag het spesifiek bevind dat die president niks verkeerd gedoen het nie.” Volgens Zuma was hy nog deurentyd bereid om by te dra vir die waardetoename van sy eiendom solank dit op ʼn objektiewe manier bepaal word. Volgens Zuma ondersteun hy die behoefte om die saak finaal af te handel. |
Volgens Zuma ondersteun hy die behoefte om die saak finaal af te handel. |
Die gebruiker Marc het dit aan “Kruger Sightings” gestuur. |
Opod bring kriminele aanklag teen Phiyega Riah Phiyega Foto: GCIS Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn kriminele saak teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die voormalige Noordwes-polisiekommissaris oopgemaak teen die Marikana-slagting. Israel Kgamanyane, waarnemende hoof van Opod, het Dinsdag aan die parlementêre komitee oor polisie gesê dat sake op 8 September verlede jaar teen Phiyega en Zukiswa Mbombo geregistreer is. Hulle word ondersoek dat hulle misleidende getuienis aan die Farlam-kommissie voorgehou het. Opod het ook ʼn saak van dwarsboming van die gereg teen brig. Ledile Malahlela en genl.maj. Ganasen Naidoo oopgemaak. In Naidoo se geval hou die aanklagte verband met die versuim om “beheer uit te oefen” by toneel 2 – soos ondersoekbeamptes verwys na een van die twee gebiede waar 17 mynwerkers op 16 Augustus 2012 doodgeskiet is. Die uiteindelike dodetal was 34, die hoogste aantal persone wat sedert post-apartheid dood is weens polisieoptrede. Kgamanyane en Opod se streekshoof in Noordwes het aan LP’s gesê die organisasie se ondersoek of die polisie kriminele aanspreeklik gehou moet word vir die skietery het in 2015 al begin, maar hulle het teenkanting van die polisie beleef. Die polisie het onder andere geweier dat onafhanklike ballistiese kenners toegang kry tot hul fasiliteite om toetse te doen. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê hulle sal nie onafhanklike forensiese kenners toelaat om hul laboratoriums te gebruik nie,” het Joel Mosimanegape, Opod se hoof in Noordwes, gesê. Hy het gesê die het die Opod-ondersoek bemoeilik, aangesien die onafhanklike ondersoekers nie oor dieselfde vlak van toerusting beskik wat die polisie het nie. Mosimanegape het bygevoeg daar is ook frustrasie in die ondersoek teen Malahlela weens die verlies van inligting op ʼn geheuestokkie wat ʼn opname bevat het van ʼn buitengewone vergadering met Phiyega, ná ʼn algemene vergadering van die Nasionale Bestuursforum op 15 Augustus 2012. Malahlela het glo die geheuestokkie huis toe gevat wat die enigste opname bevat het van dit wat Phiyega en senior beamptes oor Marikana bespreek het. Sy staan tereg op aanklag van dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Beskerming van Inligting van 1982 omdat sy versuim het om staatsinligting te beskerm wat op die geheuestokkie was. Malahlela het glo ses dae lank die stokkie by haar gehou, in plaas daarvan om dit te oorhandig sodat ʼn transkribering gedoen kan word. |
Malahlela het glo ses dae lank die stokkie by haar gehou, in plaas daarvan om dit te oorhandig sodat ʼn transkribering gedoen kan word. Die opname is in daardie tydperk glo uitgevee. LP’s het voorgestel dat dit hoogs onwaarskynlik is dat een beampte dit op haarself sou neem, sonder enige opdrag, om aan sensitiewe inligting te karring en wou weet wat Opod doen om te bepaal wie almal betrokke was in die vernietiging van die opname. “Ons het ons vermoedens, maar ons kan nie enigiets doen as om haar direk te ondersoek en dan te kyk wat die ondersoek aan die lig bring nie,” het Mosimanegape gesê. Leonard Ramatlakane, ANC-LP, het hierop reageer en gesê dit herinner hom aan gebeure tydens die apartheidsjare. “Julle gaan terug na ʼn slegte era, dit herinner ons aan die slegte ou dae… mense wat verdwyn, inligting wat verlore gaan,” het hy gesê. Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee, het lt.genl. Johannes Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, gewaarsku dat die omvang van die polisie se samewerking in die Opod-ondersoek gemonitor sal word. Hy het gesê dit is noodsaaklik dat die ballistiese kenners toegelaat moet word om hul werk te doen. “Daar sal geen kompromie wees van die komitee se kant nie,” het Beukman gesê. Hy het Opod ook gewaarsku dat sy vordering om die aanbevelings van die Farlam-kommissie te implementeer, ook van naby dopgehou sal word. Die Farlam-kommissie het aanbeveel dat die staat ʼn span moet aanstel wat bestaan uit senior Opod-ondersoekbeamptes en onafhanklike ballistiese- en forensiese kenners om ʼn volledige ondersoek van stapel te stuur oor die skietery. Dié ondersoek moet geskied onder leiding van die nasionale direkteur van Openbare Vervolging om te bepaal of die polisie wel krimineel aanspreeklik gehou kan word vir die afsterwe van die mynwerkers. Die kommissie het ook aanbeveel dat personeel en hulpbronne van Opod, wat die afgelope jaar in politieke omstredenheid gehul is, hersien word om seker te maak dat die organisasie sy taak kan uitvoer. Volgens Kgamanyane het Opod R5 miljoen opsy gesit vir die ondersoek, en al die geld kom uit die bestaande begroting. |
PE-paartjie in hof oor foto’s van babamishandeling Argieffoto ʼn Egpaar van Port Elizabeth staan tereg op aanklag dat hulle deel is van ʼn sindikaat wat foto’s versprei van babas wat mishandel word. Die 33-jarige man en 22-jarige vrou van Westering word daarvan beskuldig dat hulle deel is van ʼn internasionale kinderpornografiekring wat beeldmateriaal versprei van babas en pasgeborenes wat mishandel word. Die 22-jarige vrou het Dinsdag vlugtig in die stad se landdroshof verskyn. Die 33-jarige man was nie Dinsdag in die hof nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is verleng tot 5 April. Aanklagte teen die egpaar hou verband met die invoer, besit en verspreiding van films of publikasies wat uitbeeldings of beskrywings bevat wat kinderpornografie of die seksuele uitbuiting van kinders bevorder. Staatsadvokaat Jason Thysse het Dinsdag aan die hof gesê ʼn gespesialiseerde internasionale eenheid ondersoek ook die saak. “Die ondersoekbeampte is nie plaaslik gebaseer nie, en ek sal moontlik na Johannesburg moet reis om dokumente, video’s en foto’s te besigtig,” het Thysse verduidelik. “Dit sal hopelik voor 5 April plaasvind.” Die 33-jarige man het tydens hul eerste hofverskyning verlede jaar in April aan verslaggewers gesê die media ruk die saak uit proporsie, en ken nie die volle verhaal nie. Hy het ges6e mense veroordeel hom. Heila Niemand, bevelvoerder van die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het in April verlede jaar spesiaal na Port Elizabeth gereis vir die egpaar se hofverskyning. Sy het gesê nadat die paartjie in hegtenis geneem is, is nog 81 leidrade internasionaal opgevolg. Sy het in daardie stadium gesê daar was reeds ses inhegtenisnemings in België en drie inhegtenisnemings in Amerika. “Dit het direk gespruit uit die inhegtenisnemings in Port Elizabeth,” het Niemand verduidelik. “Dit wys jou net – deur een inhegtenisneming in Suid-Afrika het ons verseker dat verskeie slagoffers nou veilig is en dat verdagtes vervolg sal word.” Germaine Vogel, ʼn verteenwoordiger van Vroue en Mans teen Kindermishandeling, het aan ANA gesê toegewyde spanne maak seker dat nog inhegtenisnemings sal volg. “ʼn Man in Plettenbergbaai is in 2014 in hegtenis geneem en dit het tot verskeie ander inhegtenisnemings gelei,” het Vogel gesê. “Daar is ook ʼn man in Midrand wat aan die sindikaat gekoppel word. Dit is baie ernstige misdade en ons moet dit stopsit. Ons moet meer bewustheid kweek en kinders moet op die internet gemonitor word. |
Ons moet meer bewustheid kweek en kinders moet op die internet gemonitor word. Dit is misdade teen kinders. Dit is kindermishandelingmateriaal – ons moet dit nie kinderpornografie noem nie, want dit verduidelik nie die werklikheid daarvan nie.” Die saak teen die egpaar is tot 5 April uitgestel. Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media. |
“Hy staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.” |
A copy of the WURA dataset (V2 Passages).
langs = {
"Afrikaans": "af",
"Amharic": "am",
"Egyptian Arabic": "ar",
"English": "en",
"French": "fr",
"Hausa": "ha",
"Igbo": "ig",
"Kinyarwanda": "ki",
"Malagasy": "mg",
"Chichewa": "ny",
"Afaan Oromoo": "or",
"Portuguese": "po",
"Somali": "sm",
"Shona": "sn",
"Sesotho": "st",
"Swahili": "sw",
"Tigrinya": "ti",
"Xhosa": "xh",
"Yoruba": "yo",
"Zulu": "zu",
}