text
stringlengths 7
170k
|
---|
Kerk van die Ooste Die Kerk van die Ooste (klassieke Siries: ܥܕܬܐ ܕܡܕܢܚܐ, "ʿĒḏtā d-Maḏenḥā") was 'n Oosters-Christelike kerk van die Oos-Siriese ritus wat in Mesopotamië gesetel was. Dit is een van die drie grootste takke van die Oosterse Christendom (Christendom in die Oos-Romeinse Ryk) wat uit die Christologiese omstredenhede van die 5de en 6de eeu n.C. ontstaan het, saam met die Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die Chalcedoniese kerke. In die vroeë moderne tydperk het 'n reeks skeurings aanleiding gegee tot mededingende patriargate, soms twee en soms drie. Sedert die laaste helfte van die 20ste eeu maak drie kerke in Irak aanspraak op die erfenis van die Kerk van die Ooste. Intussen maak die Oos-Siriese kerke in Indië aanspraak op die erfenis van die Kerk van die Ooste in Indië. Die Kerk was onder verskeie name bekend, onder meer die Oos-Siriese Kerk, die Kerk van Seleukië-Ktesifon, die Persiese Kerk, die Assiriese Kerk, die Babiloniese Kerk en die Nestoriaanse Kerk. Section::::Geskiedenis. Die Kerk van die Ooste het hom in 410 n.C. georganiseer as die nasionale kerk van die Sassanidiese Ryk deur die Konsilie van Seleukië-Ktesifon. In 424 het hy hom onafhanklik verklaar van die staatskerk van die Romeinse Ryk. Die Kerk was in die provinsie Seleukië-Ktesifon gesetel en het 'n tradisie voortgesit van wat hulle beskou het as daterend uit die Apostoliese Tydperk. Volgens sy tradisie is die Kerk in die 1ste eeu deur die apostel Thomas gestig. Die Kerk van die Ooste se onafhanklikheidsverklaring in 424 was sewe jaar voor die Konsilie van Efese (431), wat Nestorius veroordeel en verklaar het Maria, Jesus se moeder, mag die Teotokos (Moeder van God) genoem word. Twee algemeen aanvaarde konsilies is vroeër gehou: die Eerste Konsilie van Nicea in 325, waaraan 'n Persiese biskop deelgeneem het, en die Eerste Konsilie van Konstantinopel in 381. Die Kerk van die Ooste het dié twee konsilies aanvaar, maar die konsilie van 431 en die daaropvolgendes geïgnoreer. |
Die Kerk het hulle beskou as net vir die patriargate van Rome, Konstantinopel, Alexandrië, Antiogië en Jerusalem), wat almal bekend was vir hulle "Westerse" Christelike geloof. Teologies het die Kerk van die Ooste die diofisitiese leerstelling van Theodorus van Mopsuestia aanvaar wat klem lê op die onderskeiding tussen die goddelike en menslike aard van Christus. Dié leerstelling is egter verkeerdelik deur sy teologiese teenstanders "Nestoriaans" genoem. Die Kerk van die Ooste, wat deel van die vroeë Christelike kerk in die Romeinse Ryk was, was in gemeenskap met dié kerk totdat die Konsilie van Efese vir Nestorius in 431 verban het. Nestorius se ondersteuners het na die Sassanidiese Persië gevlug, waar die Kerk geweier het om Nestorius te veroordeel. Hulle is beskuldig van Nestorianisme, 'n dwaalleer wat verkeerdelik aan Nestorius toegedig is. Die ander Oosterse en Westerse kerke het dit dus die Nestoriaanse Kerk genoem. Die Sassanidiese en Romeinse Ryk was polities in 'n oorlog gewikkel, en dit het die Kerk gedwing om hom te distansieer van die kerke in die Romeinse Ryk. Meer onlangs het geleerdes die naam "Nestoriaans" as 'n "treurenswaardige wanbenaming" en teologiese inkorrek bestempel. Die Kerk van die Ooste het homself egter Nestoriaans begin noem, 'n banvloek oor die Konsilie van Efese uitgespreek en Nestorius in sy liturgie 'n heilige genoem. In 544 het die algemene vergadering van die Kerk van die Ooste die Konsilie van Chalcedon goedgekeur op die Sinode van Mar Aba I. Ná die Moslemse verowering van Persië (633-654) het die Kerk voortbestaan as 'n beskermde kerk onder die Soenni-kalifaat en het dit 'n groot rol gespeel in die geskiedenis van die Christendom in Asië. Tussen die 9de en 14de eeu was dit die wêreld se grootste Christelike denominasie wat geografiese omvang betref. Dit het bisdomme en gemeentes gehad wat gestrek het van die Middellandse See en vandag se Irak en Iran tot in Indië, Mongolië en China. In die 13de en 14de eeu het dit 'n finale tydperk van opbloei beleef onder die Mongoolse Ryk, waar invloedryke kerklikes in die Mongoolse hof gedien het. Selfs voor die Kerk van die Ooste in die 14de eeu 'n vinnige agteruitgang in Sentraal-Asië beleef het, het sy gewildheid aan sy tuisfront reeds gekwyn. Dit kan gesien word aan die krimpende lys van aktiewe bisdomme. |
Omstreeks die jaar 1000 was daar meer as 60 in die Nabye Ooste, maar teen die middel van die 13de eeu was daar net sowat 20, en ná Timoer het die getalle verder afgeneem tot net sewe. Ná die verdeling van die Mongoolse Ryk het die opkomende Chinese en Islamitiese Mongoolse leiers die res van die Kerk en sy volgelinge verdryf en byna uitgewis. Daarna het die Kerk se bisdomme hoofsaaklik in Bo-Mesopotamië en Indië bestaan. Verdelings het in die Kerk self voorgekom, maar teen 1830 het twee verenigde patriargate oorgebly: die Assiriese Kerk van die Ooste en die Chaldeeus-Katolieke Kerk ('n Oosters-Katolieke kerk in gemeenskap met die Rooms-Katolieke Kerk). Die Antieke Kerk van die Ooste het in 1968 weggeskeur van die Assiriese Kerk van die Ooste. In 2017 het die Chaldeeus-Katolieke Kerk sowat 628 405 lidmate gehad. Die Assiriese Kerk van die Ooste het 323 300 tot 380 000 lidmate gehad en die Antieke Kerk van die Ooste sowat 100 000. Section::::Beskrywing as Nestoriaans. Nestorianisme is 'n Christologiese leerstelling wat nadruk lê op die onderskeid tussen die menslike en goddelike aard van Jesus. Dit word toegeskryf aan Nestorius, wat van 428 tot 431 die Patriarg van Konstantinopel was. Sy leerstelling het die toppunt verteenwoordig van 'n filosofiese denkrigting wat ontwikkel is deur geleerdes aan die Skool van Antiogië, veral Nestorius se mentor, Theodorus van Mopsuestia. Dit het omstrede geword nadat Nestorius in die openbaar die titel "Teotokos" ("God se Moeder") vir Maria, Jesus se moeder, gekritiseer het. Dit het daarop gedui dat die titel Christus se volle menslikheid ontken. Hy het geredeneer dat Jesus twee losweg verbonde nature gehad het, die goddelike Logos en die menslike Jesus, en het voorgestel dat die term "Christotokos" ("Christus se Moeder") as 'n paslike alternatief gebruik word. Sy verklarings het kritiek van ander vooraanstaande kerkmanne ontlok, veral Cyril, die Patriarg van Alexandrië, wat in 431 'n leidende rol op die Konsilie van Efese gespeel het waar Nestorius veroordeel is vir dwaalleerstellings en hy as patriarg ontsetel is. Ná 431 het die staatsowerhede in die Romeinse Ryk Nestorianisme onderdruk. |
Dit was 'n rede hoekom Christene in die Persiese Ryk dit voorgestaan het, want dit het die suspisie besweer dat hulle lojaal aan die vyandelike Christenregeerde ryk is. Dit was ná die effens latere Konsilie van Chalcedon (451) dat die Kerk van die Ooste hulle eie ideologie geformuleer het. Die eerste sodanige formulering is in 484 op die Sinode van Beth Lapat aanvaar. Dit is in die vroeë 7de eeu verder ontwikkel, toe die Sassanidiese Ryk ná 'n aanvanklik suksesvolle oorlog teen die Bisantynse Ryk groot gebiede ingelyf het wat bewoon is deur Wes-Siriërs, van wie baie aanhangers van die miafisitiese teologie van die Oriëntaal-Ortodokse Kerke was; hulle teenstanders het dit as "monofisitisme" bestempel, die teologie wat die meeste van Nestorianisme verskil. Die kerkvader van die Kerk van die Ooste Babai die Grote (551-628), wat deur Theodorus van Mopsuestia geïnspireer is, het bevestig dat die twee "qnome" ('n Siriese term, die meervoud van "qnoma") van Christus ongemeng, maar vir ewig verenig is in sy enkele "parsopa" ("karakter, persoon"). Dié Siriese woorde is soms anders vertolk as wat hulle regtig beteken het; veral "twee "qnome"" is vertolk as "twee individue". Die Kerk van die Ooste het altyd 'n vloeibaarheid van uitdrukkings aanvaar, altyd binne 'n diofisitiese teologie, meer met Babai se vergadering van 612, wat die formule oor die "twee "qnome" in Christus" bekragtig het, is 'n finale Christologiese onderskeid geskep tussen die Kerk van die Ooste en die "Westerse" Chalcedoniese kerke, wat die Konsilie van Chalcedon aanvaar het. Die juistheid om Nestorianisme toe te skryf aan Nestorius, wat in die Kerk van die Ooste as 'n heilige vereer is, word betwis. David Wilmshurst beweer die woord "Nestoriaans" is eeue lank gebruik as beide 'n term van belediging deur mense wat die Kerk teengestaan het en 'n term van trots deur baie van die ondersteuners. Ander het dit as 'n neutrale en gerieflik beskrywende term gebruik. "Vandag word algemeen gevoel daar kleef 'n stigma aan die term." Benewens as 'n godsdienstige woord is "Nestoriaans" ook in 'n etniese sin gebruik, soos in die term "Katolieke Nestoriane". In 1996 het Sebastian Brock, 'n fellow van die Britse Akademie, in sy artikel "The 'Nestorian' Church: a lamentable misnomer" in die "Bulletin of the John Rylands Library" geskryf die term "Nestoriaanse Kerk" het 'n standaardnaam geword vir die antieke oriëntale kerk wat homself in die verlede die "Kerk van die Ooste" genoem het, maar vandag die voller titel "Assiriese Kerk van die Ooste" verkies. |
"So 'n naam is nie net onbeleefd teenoor moderne lede van die Kerk nie, maar ook onvanpas en misleidend." Section::::Organisasie en struktuur. Op die Konsilie van Seleukië-Ktesifon in 410 het die Kerk van die Ooste verklaar sy hoof is die biskop van die Persiese hoofstad, Seleukië-Ktesifon. Daar is in die aktes van die konsilie na hom verwys as die Groot Metropoliet, maar hy is kort daarna die Katolikos van die Ooste genoem en later Patriarg van die Ooste. Die Kerk van die Ooste het drie ordes kerklikes: biskoppe, priesters of presbiters, en diakens. Die kerk word ingedeel volgens bisdom met 'n biskop aan die hoof en bestaan uit verskeie individuele gemeentes onder leiding van priesters. Bisdomme is georganiseer in provinsies onder die gesag van 'n metropolitaanse biskop. Net laasgenoemde kon 'n patriarg inseën. Die patriarg was ook aan die hoof van die Provinsie van die Patriarg. Vir die grootste deel van sy geskiedenis het die Kerk sowat ses interne provinsies gehad. In 410 is hulle, in hiërargiese volgorde, aangeteken as: Seleukië-Ktesifon (Sentraal-Irak), Beth Lapat (Wes-Iran), Nisibis (aan die grens tussen Turkye en Irak), Prat de Maishan (Basra, Suid-Irak), Arbela (Erbil, Koerdistanstreek van Irak) en Karka de Beth Slokh (Kirkoek, Noordoos-Irak). Dit het ook 'n toenemende getal eksterne provinsies gehad wat verder weg in die Sassanidiese Ryk gelê het, en gou ook buite die ryk se grense. Teen die 10de eeu het die Kerk tussen 20 en 30 metropolitaanse provinsies gehad. Section::::Skrif. Die Pesjitta, in sommige gevalle effens hersien en met vermiste boeke wat bygevoeg is, is die standaard- Siriese Bybel vir kerke in die Siriese tradisie, onder meer die Assiriese Kerk van die Ooste, die Siries-Ortodokse Kerk en die Siries-Katolieke Kerk. Die Ou Testament van die Pesjitta is uit Hebreeus vertaal, hoewel die datum en omstandighede nie heeltemal duidelik is nie. Die vertalers kon Siriessprekende Jode gewees het, of vroeë Jode wat hulle tot die Christendom bekeer het. Die vertaling van verskillende tekste kon apart gedoen gewees het, en die hele werk is waarskynlik teen die 2de eeu voltooi. Die meeste van die deuterokanonieke boeke van die Ou Testament word in Siries aangetref Die Wysheid van Sirag is vermoedelik uit Hebreeus vertaal en nie uit die Septuagint nie. |
Die meeste van die deuterokanonieke boeke van die Ou Testament word in Siries aangetref Die Wysheid van Sirag is vermoedelik uit Hebreeus vertaal en nie uit die Septuagint nie. Die Nuwe Testament van die Pesjitta, wat oorspronklik sekere betwiste boeke uitgesluit het (2 Petrus, 2 Johannes, 3 Johannes, Brief van Judas en Openbaring) het teen die 5de eeu die standaard geword. Section::::Ikonografie. In die 19de eeu is dikwels gesê die Kerk van die Ooste was teen enige soort godsdienstige beelde. Die kultus van die beeld was nooit so sterk as in die Bisantynse Kerk nie, maar beelde is wel gebruik. Teenstand teen godsdienstige beelde het dalk die norm geword vanweë die opkoms van die Islam in die streek, want hulle het enige uitbeelding van heiliges en Bybelse profete verbied. Die Kerk moes dus van ikone ontslae raak. Daar is beide letterkundige en argeologiese bewyse vir die teenwoordigheid van beelde in die Kerk. Verskeie skrywers in die 13de en 14de eeu het daaroor berig. 'n Geïllustreerde 13de-eeuse Nestoriaanse Pesjitta-evangelieboek uit moontlik Mesopotamië wat in die Siriese alfabet geskryf is en tans in die Berlynse Staatsbiblioteek gehou word, bewys die Kerk van die Ooste was toe nog nie teen die gebruik van ikone nie. Die Nestoriaanse Evangelieboek, wat in die Franse Nasionale Biblioteek bewaar word, bevat 'n illustrasie van Jesus omring deur vier engele. Onder 'n lewensgroot manlike figuur van pleisterkalk wat in 'n 6de-eeuse kerk in die bisdom van Seleukië-Ktesifon ontdek is, is die oorblyfsels van 'n vroeëre kerk gevind wat ook godsdienstige beelde bevat. |
In die sensus van 2001 het 184 inwoners vanuit 195 (94,4%) hulself tot behorende aan die Mócheno-taalgroep verklaar. |
Pescantina is as tweelingdorp verwant aan: |
Pirelli sal die volgende bande aan alle spanne in Miami verskaf: |
Die boom se FSA-nommer is 211. |
In 'n 1990-essay ""Transhumanism: Toward a Futurist Philosophy"", het hy die term "transhumanisme" in sy moderne sin bekendgestel. |
Harry Belafonte Harold George Belafonte (1 Maart 1927 – 25 April 2023) was 'n Amerikaanse sanger en akteur. Hy het die bynaam ""King of Calypso"" gekry omdat hy calypso-musiek tot internasionale roem gebring het. Hy het bekend geword met sy treffer "Banana Boat Song" en sy werk as 'n UNICEF-ambassadeur. Section::::Lewensverloop. Belafonte is in New York gebore en het in Harlem grootgeword. Van 1935 tot 1940 het hy by sy ouma in Jamaika gewoon. Nadat hy na New York teruggekeer het, het Belafonte die Hoërskool George Washington bygewoon. Hy het toe by die Verenigde State se vloot aangesluit, waar hy tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. In die laat 1940's het hy toneellesse geneem. Hy het sy loopbaan as jazzsanger in nagklubs begin waar musikante soos Charlie Parker, Miles Davis en Max Roach ook aktief was. Met sy goeie vriend en kitaarspeler Millard Thomas het hy sy debuut in die Village Vanguard gemaak. Later het Belafonte toenemend in tradisionele volksmusiek belang gestel. In 1952 het hy 'n kontrak met die platemaatskappy RCA Victor geteken. Belafonte was van 1948 tot 1957 met die sielkundige Marguerite Byrd getroud. Saam het hulle twee dogters gehad. In 1957 trou hy met die aktrise en danser Julie Robinson. Hulle het 'n seun en 'n dogter saam. Na 47 jaar van huwelik is Belafonte en Robinson in 2004 geskei. In April 2008 is Belafonte vir die derde keer met fotograaf Pamela Frank getroud. Hy is op 25 April 2023 in sy tuisstad New York oorlede. Section::::Burgerregte en politieke menings. In die vroeë 1950's was hy 'n vroeë lid van die burgerregtebeweging. Belafonte was 'n goeie vertroueling van Martin Luther King. Terwyl hy in 1968 op 'n Petula Clark TV-program opgetree het, het Clark gelag terwyl hy gesing het en aan Belafonte se arm geraak. In daardie dae was hierdie beeld baie skaars op Amerikaanse televisie. Vriendelike kontak tussen verskillende rasse is 'nie gedoen nie'. Dit het gelei tot baie ontevredenheid en protes van die borg Plymouth Motors, maar die vertoning het voortgegaan. Belafonte het die Live Aid-konsert in 1985 mede-organiseer, asook "USA for Africa se We are the world", waar We are the world 'n poging deur talle kunstenaars was om geld vir Afrika in te samel. |
Belafonte het die Live Aid-konsert in 1985 mede-organiseer, asook "USA for Africa se We are the world", waar We are the world 'n poging deur talle kunstenaars was om geld vir Afrika in te samel. In 1987 is hy aangestel as welwillendheidsambassadeur by UNICEF. Belafonte is bekend vir sy ondersteuning van John F. Kennedy en Robert Kennedy. Hy is ook bekend vir sy afkeer van Colin Powell en Condoleezza Rice, wat hy in 2002 as "huisslawe" bestempel het omdat hulle nie in opstand gekom het teen George W. Bush se besluit om oorlog te voer teen Irak nie. In 2005 het hy swart Republikeine "tiranne" genoem en lede van die Bush-administrasie met Nazi's vergelyk. |
Die boom se FSA-nommer is 210. |
Die spesie is inheems aan Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek en Zambië |
Die spesie is endemies aan Madagaskar. |
Die spesie is endemies aan die Demokratiese Republiek die Kongo. |
Die spesie het twee subspesies: |
Die spesie is endemies aan Kameroen. |
Die spesie is endemies aan die Demokratiese Republiek die Kongo. |
Dit word bedreig deur habitatverlies. |
Hy is bekend vir sy rol as J. C. Spink in die televisiereeks "The Goldbergs" (2015-2022). |
Die Agterhuis Die Agterhuis (Nederlands: "Het Achterhuis") is 'n versameling dagboekbriewe deur Anne Frank (1929-1945) wat vir die eerste keer gepubliseer is op 25 Junie 1947. Dit is vernoem na die skuilplek Het Achterhuis aan die Prinsengracht in Amsterdam en is die verhaal van 'n jong Joodse meisie wat tydens die Tweede Wêreldoorlog probeer het om die Sjoa te ontsnap deur te gaan wegkruip. Dit is een van die mees gelese boeke wêreldwyd. Sedert 2009 is Anne se dagboek op die UNESCO-wêrelderfenislys vir dokumente. Die boek is nie 'n letterlike voorstelling van die hele dagboek nie, verskeie verwerkings is gepubliseer. Section::::Geskiedenis. ""Ik weet dat ik kan schrijven. Een paar verhaaltjes zijn goed, m'n Achterhuisbeschrijvingen humoristisch, veel uit m'n dagboek spreekt, maar... of ik werkelijk talent heb, dat staat nog te bezien"." — Anne Frank, "Het Achterhuis", 5 April 1944 Anne Frank ontvang 'n rooi geruite dagboek van haar ouers vir haar dertiende verjaardag (12 Junie 1942). Van daardie oomblik af sal sy, al is dit met tussenposes, haar gedagtes en ervarings daarin beskryf. Anne noem haar dagboek "Kitty", omdat sy 'n vriendin mis aan wie sy al haar geheime kan vertel. Die frekwensie van die skryf neem toe wanneer sy op 6 Julie, skaars ’n maand later, moet gaan wegkruip. In haar dagboek skryf Anne oor die alledaagse lewe in die agterhuis, byvoorbeeld oor die vrees om ontdek te word en hoe moeilik dit is om bedags absoluut stil te wees en nooit buite te kan gaan nie. Weens die gewoel van die agterhuis en die konstante nabyheid van almal, neem spanning ook toe. Veral die verhouding met haar ma, wat baie onstuimig is, en haar ontluikende gevoelens vir een van die ander mense wat wegkruip, Peter van Pels, vorm 'n belangrike basis vir die dagboekbriewe. Anne betree ook stadig puberteit, wat beteken dat sy ook anders na haar seksualiteit begin kyk. Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskappe Gerrit Bolkestein doen op 28 Maart 1944 'n beroep op Radio Oranje om alle dagboeke soveel as moontlik te hou vir oorlogsdokumentasie, die latere basis vir die "Instituut voor Oorlogs-, Holocaust- en Genocidestudies" (NIOD). |
Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskappe Gerrit Bolkestein doen op 28 Maart 1944 'n beroep op Radio Oranje om alle dagboeke soveel as moontlik te hou vir oorlogsdokumentasie, die latere basis vir die "Instituut voor Oorlogs-, Holocaust- en Genocidestudies" (NIOD). Dit het daartoe gelei dat Anne Frank haar dagboek vir publikasie herskryf het. Sy het haar dagboekinskrywings vir 'n publikasieweergawe gebruik. Sy kon nie hierdie publikasieweergawe (weergawe B) voltooi nie en die oorspronklike weergawe (weergawe A) is vir 'n hele jaar nie bewaar nie (vanaf 6 Desember 1942- 21 Desember 1943). Die Frank-gesin word saam met die Duits-Joodse Van Pels-gesin (in die dagboek Van Daan) en die Duits-Joodse tandarts Fritz Pfeffer (in die dagboek mnr. Dussel) deur die Grüne Polizei gearresteer en na die konsentrasiekamp Westerbork geneem. Onder die persoonlike besittings van die families word die dagboek op die vloer van die agterhuis gevind deur Miep Gies (genoem Miep van Santen in die dagboek) en Bep Voskuijl (genoem Elli Vossen in die dagboek), twee van die mense wat die wegkruipers versorg het. Omdat Anne se lot op daardie stadium nog nie seker is nie, hou Miep die dagboek sorgvuldig in haar lessenaarlaai. Ná die oorlog blyk dit dat Anne, soos haar ma, suster, die Van Pels-gesin en Fritz Pfeffer, nie die konsentrasiekampe oorleef het nie. Net Otto Frank, Anne se pa, oorleef die gruwels van die kampe. |
Vinny Lingham Vinny Lingham (gebore Vinodan Lingham) is 'n Suid-Afrikaans-gebore Amerikaanse internet-entrepreneur wat die mede-stigter en uitvoerende hoof van Civic is - 'n identiteitsbeskermings- en bestuursonderneming wat in Kalifornië gebaseer is. Hy was ook voorheen die stigter en HUB van Gyft & Yola, Inc. Hy is ook die medestigter van SiliconCape, 'n nieregeringsorganisasie gebaseer in Suid-Afrika wat daarop gemik is om Kaapstad in 'n tegnologiese spilpunt te omskep. Section::::Entrepreneurskap. In 2003 het Lingham incuBeta gestig, 'n beleggingsbeheermaatskappy wat betrokke is by die eienaarskap, bestuur en ondersteuning van aanlynbemarkingsmaatskappye in verskeie stadiums van ontwikkeling, met kantore in die VSA, VK en Kaapstad. Ook in 2003 het Lingham Clicks2Customers gestig, 'n filiaal van incuBeta wat sagteware en dienste vir soekenjinbemarking verskaf. Lingham het as die uitvoerende hoof van beide maatskappye gedien. In 2007 het Lingham Yola gestig, 'n eie webontwikkelingsplatform vir individue, klein besighede en organisasies. Tot op hede het Yola meer as $25 miljoen se befondsing van Johann Rupert se Reinet Fund ontvang. Vinny Lingham is die medestigter van die Silicon Cape Initiative, 'n Suid-Afrikaans-gebaseerde organisasie wat daarop gemik is om die Wes-Kaap in 'n hoë-tegnologie beginonderneming-spilpunt te verander. Hy is ook die medestigter van die beleggingsfonds Newtown Partners, waardeur Lingham vroeë stadiumbeleggings gelei het in suksesvolle en noemenswaardige beginondernemings, insluitend Sweep South en Augmentors. Lingham is gekies as 'n Endeavour Entrepreneur in 2006 en 'n Jong Wêreldleier in 2009 saam met die Wêreld Ekonomiese Forum. Endeavour is 'n wêreldwye nie-winsgewende organisasie wat hoë-impak entrepreneurs in ontluikende markte selekteer en ondersteun. In 2012 het Lingham Gyft, 'n mobiele geskenkbewysmaatskappy, begin met die ondersteuning van Google Ventures. In twee jaar het Gyft die voorste diens in die mobiele geskenkkaartruimte geword en is in 2014 deur First Data Corporation vir meer as VS$54m verkry. In 2015 het Lingham Civic gestig, 'n begin wat identiteitsinligting op die blokketting enkripteer. Civic het meer as US$33m in befondsing ingesamel tydens sy aanvanklike muntaanbod (ICO) in Junie 2017. |
Civic het meer as US$33m in befondsing ingesamel tydens sy aanvanklike muntaanbod (ICO) in Junie 2017. Van 2014 tot 2016 was Lingham een van die beleggers, of "drake", op Suid-Afrika se "Dragons' Den"-werklikheids-TV-reeks. Vanaf 2016 is hy een van die "haaie" op die opvolg van Dragons' Den, Shark Tank South Africa. In 2017 was Lingham ook 'n "Engel" op National Geographic se nie-winsgewende program Undercover Angel. Lingham is ook die mede-outeur van ""I'm In: Essential Advice for Entrepreneurs"".In die somer van 2020 het Lingham Waitroom gestig, 'n gasheergeleide regstreekse stroming en videovergaderingplatform wat een-tot-een-betrokkenheid tussen gashere en hul gehore sal toelaat. |
Die spesie is inheems aan Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, Nigerië, Kameroen, Republiek die Kongo en die Sentraal-Afrikaanse Republiek. |
Die spesie is inheems aan Kenia, Mosambiek en Tanzanië. |
Die spesie is inheems aan Kenia, Somalië en Tanzanië. |
Dit vorm 'n groot stedelike gebied met nabygeleë dorpe Blantyre, Motherwell, Larkhall en Wishaw. |
Retief Odendaal Retief Odendaal (gebore 28 Mei 1982) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 21 September 2022 as die Uitvoerende Burgemeester van Nelson Mandelabaai dien. Hy was 'n Lid van die Provinsiale Wetgewer in die Oos-Kaap vir die Demokratiese Alliansie en was die skadulid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Finansies, Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming van Mei 2019 tot Augustus 2022. Section::::Vroeë lewe en opvoeding. Odendaal is in die kusstad Port Elizabeth (nou Gqeberha), Oos-Kaap, gebore en was op skool by die Hoërskool Otto Du Plessis. Hy het van 2001 tot 2005 aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit studeer waar hy 'n LLB-graad verwerf het. Hierna het hy sy internskap by Delport, van Niekerk Prokureurs gedoen. Hy is 'n praktiserende prokureur in Nelson Mandelabaai en 'n politikus. Section::::Politieke loopbaan. Retief Odendaal het in 2004 by die Demokratiese Alliansie (DA) aangesluit. Hy is 'n stigterslid van die DA-jeug in Nelson Mandelabaai wat in 2004 gestig is. Hy het in 2009 die wyk 6-raadslid in Nelson Mandelabaai geword en as die raadslid gedien tot die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016. Odendaal was ook van 2014 tot 2016 die leier van die opposisie in Nelson Mandelabaai. In 2016 toe die DA die grootste party in Nelson Mandelabaai geword het, is hy deur die destydse burgemeester Athol Trollip as 'n burgemeesterskomiteelid vir Finansies in Nelson Mandelabaai aangewys. Retief is sedert 2014 lid van die Demokratiese Alliansie se Federale Raad en is ook verkies as voorsitter van die Provinsiale Dissiplinêre Komitee vir die DA in die Oos-Kaap. Hy het ook van 2017 tot 2019 as die ondervoorsitter van die DA in die Oos-Kaap gedien. Odendaal is in die munisipale verkiesing van 2021 as raadslid van Nelson Mandelabaai verkies, maar hy het die pos van die hand gewys. Odendaal se afwesigheid van die eerste raadsvergadering op 22 November 2021 het daartoe gelei dat die DA-burgemeesterskandidaat Nqaba Bhanga met een stem teen die ANC-burgemeesterskandidaat Eugene Johnson verloor het. Op 28 Julie 2022 het die DA en ander opposisiepartye 'n koalisie-ooreenkoms onderteken om die ANC-geleide alliansie van bewind in Nelson Mandelabaai te verwyder. |
Op 28 Julie 2022 het die DA en ander opposisiepartye 'n koalisie-ooreenkoms onderteken om die ANC-geleide alliansie van bewind in Nelson Mandelabaai te verwyder. Die volgende dag is Odendaal as die DA se burgemeesterskandidaat vir die metro aangekondig. Hy het op 4 Augustus 2022 uit die Provinsiale Wetgewer bedank. Op 21 September 2022 is hy verkies tot Uitvoerende Burgemeester van Nelson Mandelabaai en die jongste persoon wat ooit as burgemeester in Nelson Mandelabaai se geskiedenis verkies is. Section::::Persoonlike lewe. Odendaal praat vlot Afrikaans en Engels. Hy is op 24 September 2010 in Port Elizabeth met Anne-Marie Potgieter getroud; hulle het drie kinders. |
Die lugredery is op 7 April 1992 gestig as die eerste nasionale lugredery nadat die land sy onafhanklikheid verkry het. |
Vanaf September 2021 het die Silk Way Airlines-vloot uit die volgende vliegtuie bestaan: Die bykomende vloot Boeing 747-vragvliegtuie word deur die sustermaatskappy Silk Way West Airlines bedryf. |
Die spesie is endemies aan Sri Lanka. |
Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied Die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) is 'n vryhandelsgebied wat die grootste deel van Afrika omvat. Dit is in 2018 gestig deur die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms, wat 43 partye en nog 11 ondertekenaars het, wat dit die grootste vryhandelsgebied maak volgens aantal lidlande, naas die Wêreldhandelsorganisasie, en die grootste in bevolking en geografiese grootte, wat strek oor 1,3 miljard mense oor die wêreld se tweede grootste kontinent. Die ooreenkoms wat AfCFTA stig, is bemiddel deur die Afrika-unie (AU) en onderteken deur 44 van sy 55 lidlande in Kigali, Rwanda op 21 Maart 2018. Die voorstel sou in werking tree 30 dae na bekragtiging deur 22 van die ondertekende state. Op 29 April 2019, het die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara die 22ste deposito van bekragtigingsinstrumente gemaak, wat die ooreenkoms op 30 Mei in werking gestel het; dit het sy operasionele fase betree na 'n beraad op 7 Julie 2019 en het amptelik op 1 Januarie 2021 begin. AfCFTA se onderhandelinge en implementering word onder toesig gehou deur 'n permanente sekretariaat gebaseer in Accra, Ghana. Ingevolge die ooreenkoms is AfCFTA-lede daartoe verbind om tariewe op die meeste goedere en dienste oor 'n tydperk van 5, 10 of 13 jaar uit te skakel, afhangende van die land se vlak van ontwikkeling of die aard van die produkte. Algemene langtermyndoelwitte sluit in die skep van 'n enkele, geliberaliseerde mark; die vermindering van hindernisse vir kapitaal en arbeid om belegging te vergemaklik; ontwikkeling van streeksinfrastruktuur; en die stigting van 'n kontinentale doeane-unie. Die algehele oogmerke van AfCFTA is om sosio-ekonomiese ontwikkeling te verhoog, armoede te verminder en Afrika meer mededingend in die globale ekonomie te maak. Die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika skat dat AfCFTA intra-Afrika handel teen 2022 met 52 persent sal laat groei. 'n Verslag deur die Wêreldbank voorsien dat AfCFTA 30 miljoen Afrikane uit uiterste armoede kan ophef, die inkomste van byna 70 miljoen mense kan verhoog en $450 miljard se inkomste teen 2035 kan genereer. Op 13 Januarie 2022 het AfCFTA 'n groot stap in die rigting van sy doelwit geneem met die totstandkoming van die Pan-Afrikaanse Betalings- en Skikkingstelsel (PAPSS), wat toelaat dat betalings onder maatskappye wat in Afrika werksaam is in enige plaaslike geldeenheid gedoen word. |
Op 13 Januarie 2022 het AfCFTA 'n groot stap in die rigting van sy doelwit geneem met die totstandkoming van die Pan-Afrikaanse Betalings- en Skikkingstelsel (PAPSS), wat toelaat dat betalings onder maatskappye wat in Afrika werksaam is in enige plaaslike geldeenheid gedoen word. |
Dit is die tuiste van die hoofkampusse van die Universiteit van Cumbria en huisves 'n verskeidenheid museums en erfenissentrums. |
Menslike verbetering Menslike verbetering is die natuurlike, kunsmatige of tegnologiese verandering van die menslike liggaam om fisiese of geestelike vermoëns te verbeter. Section::::Tegnologieë. Section::::Bestaande tegnologieë. Drie vorme van menslike verbetering bestaan tans: voortplanting, fisies en verstandelik. Voortplantingsverbeterings sluit in embrio-seleksie deur pre-implantasie genetiese diagnose, sitoplasmiese oordrag en in vitro-gegenereerde gamete. Fisiese verbeterings sluit in skoonheidsmiddels (plastiese chirurgie en ortodonsie), dwelm-geïnduseerde (prestasie-verbeterende middels), funksionele (prostetika en aangedrewe eksoskelette), Medies (inplantings (bv. pasaangeër) en orgaanvervangings (bv. bioniese lense)), en sterkte opleiding (gewigte (bv. barbells) & dieetaanvulling)). Voorbeelde van geestelike verbeterings is noötropiese middel-neurostimulasie, en aanvullings wat geestelike funksies verbeter. Rekenaars, selfone en internet kan ook gebruik word om kognitiewe doeltreffendheid te verbeter. Opmerklike pogings in menslike aanvulling word aangedryf deur die onderling gekoppelde Internet van Dinge (IvD)-toestelle, insluitend draagbare elektronika (bv. Versterkte realiteit-brille, slimhorlosies, slim tekstiel), persoonlike hommeltuie, liggaams- en inliggaam-nanonetwerke. Section::::Opkomende tegnologieë. Baie verskillende vorme van mensverbeterende tegnologieë is óf op pad óf word tans getoets en beproef. 'n Paar van hierdie opkomende tegnologieë sluit in: menslike genetiese ingenieurswese (geenterapie), neurotegnologie (neurale inplantings en brein-rekenaar-koppelvlakke), kuberware, strategieë vir gemanipuleerde weglaatbare veroudering, nanomedisyne en 3D-biodrukwerk. Variante van menslike genetiese ingenieurswese met tot dusver beperkte gebruik sluit in die kunsmatige skepping van mens-dier-basters (waar elke sel deels menslike en deels dierlike genetiese inhoud het) en mens-dier chimeras (waar sommige selle menslik is en sommige selle van dierlike oorsprong is). Section::::Spekulatiewe tegnologieë. 'n Paar hipotetiese menslike verbeteringstegnologieë word bespiegel, soos: breinoplaai, eksokorteks en endogene kunsmatige voeding. Verstandoplaai is die hipotetiese proses van "oordrag"/"oplaai" of kopiëring van 'n bewuste verstand van 'n brein na 'n nie-biologiese substraat deur 'n biologiese brein in detail te skandeer en te karteer en die toestand daarvan na 'n rekenaarstelsel of 'n ander rekenaartoestel te kopieer. |
Verstandoplaai is die hipotetiese proses van "oordrag"/"oplaai" of kopiëring van 'n bewuste verstand van 'n brein na 'n nie-biologiese substraat deur 'n biologiese brein in detail te skandeer en te karteer en die toestand daarvan na 'n rekenaarstelsel of 'n ander rekenaartoestel te kopieer. Eksokorteks kan gedefinieer word as 'n teoretiese kunsmatige eksterne inligtingverwerkingstelsel wat 'n brein se biologiese hoëvlak kognitiewe prosesse sal aanvul. Endogene kunsmatige voeding kan soortgelyk wees aan 'n radio-isotoop-opwekker wat glukose hersintete (soortgelyk aan fotosintese), aminosure en vitamiene uit hul afbraakprodukte, teoreties gebruik vir weke sonder kos indien nodig. |
Gespesialiseerde modelle is ook vervaardig vir lugbrandbestryding en zero-G-opleiding. |
Teen Desember 2022 bedryf Silk Way West Airlines die volgende vliegtuie: Die bykomende vloot Ilyushin Il-76- vragvliegtuie word deur die sustermaatskappy Silk Way Airlines bedryf. |
SriLankan Airlines SriLankan Airlines (voorheen bekend as Air Lanka) is die vlagdraer van Sri Lanka en 'n lid van die Oneworld-lugrederyalliansie. Dit is tans die grootste lugredery in Sri Lanka volgens aantal vliegtuie en bestemmings en is in 1979 as Air Lanka van stapel gestuur na die beëindiging van bedrywighede van die oorspronklike SriLankaanse vlagdraer Air Ceylon. Na sy gedeeltelike verkryging in 1998 deur Emirates, is dit hernoem en die huidige kleurskema is bekendgestel. In 2008 het die regering van Sri Lanka al die aandele van die lugredery van Emirates verkry. Nadat die Emirates-vennootskap beëindig is, het dit sy handelsnaam en logo behou. SriLankan Airlines bedryf meer as 560 vlugte per week oor Asië. Die lugredery vlieg na 126 bestemmings in 61 lande (insluitend kodedeel-bedrywighede) vanaf sy hoofspil by die Bandaranaike Internasionale Lughawe naby Colombo. SriLankan Airlines het op 1 Mei 2014 by die Oneworld-lugrederyalliansie aangesluit Air Lanka, wat in staatsbesit was, is gedeeltelik geprivatiseer in 1998, met belegging deur die Dubai-gebaseerde Emirates Group, toe Emirates en die SriLankaanse regering 'n ooreenkoms onderteken het vir 'n tien jaar lange strategiese vennootskap. Hierdie ooreenkoms het eksklusiewe regte ingesluit vir alle vliegtuie se grondhantering en lugredery spyseniering by Colombo-Bandaranaike lughawe vir tien jaar. Emirates het 'n 40%-belang ter waarde van VS$70 miljoen (wat dit later tot 43,6% verhoog het) in Air Lanka gekoop en probeer om die lugdiens se beeld en vloot op te knap. Die regering het 'n meerderheidsbelang in die lugdiens behou, maar het volle beheer aan Emirates gegee vir beleggings- en bestuursbesluite. In 1998 het Air Lanka oorgeskakel na SriLankan Airlines. SriLankan het 6 Airbus A330-200's aangeskaf om sy vloot Airbus A340-300- en A320-200 -vliegtuie aan te vul. Die A330-200-vliegtuig het tussen Oktober 1999 en Julie 2000 by die lugredery aangesluit. Die maatskappy se vierde A340-300 het by Colombo aangekom, geverf in die lugredery se nuwe korporatiewe kleur. SriLankan het sy bestaande A340-vloot opgegradeer in 'n tweeklas-konfigurasie (besigheids- en ekonomiese klas) terwyl die binneruim opgeknap is om die nuwe korporatiewe beeld te weerspieël. |
SriLankan het sy bestaande A340-vloot opgegradeer in 'n tweeklas-konfigurasie (besigheids- en ekonomiese klas) terwyl die binneruim opgeknap is om die nuwe korporatiewe beeld te weerspieël. |
Benewens die omstrede onderwerpe, is die hewige gesprekke, wat dikwels in geweld deur die gaste eindig, ook 'n kenmerk van die program. |
Waitroom het sy hoofkwartier in San Diego, Kalifornië en het 15 voltydse en 6 deeltydse werknemers. |
Die spesie is inheems aan Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, Kameroen, Nigerië, Republiek die Kongo en die Sentraal-Afrikaanse Republiek. |
Daar is 37 spesies wat tot die genus hoort: |
Dit sal die vierde wedren van die kampioenskapseisoen wees. |
Kirsten Neuschäfer Kirsten Neuschäfer ( gebore 23 Junie 1982) is 'n Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat spesialiseer in hoë breedtegraad en ekstreme avontuurvaart. Sy is die wenner van die 2022 Golden Globe-wedvaart, en is die eerste vrou wat 'n om-die-wêreld-seiljagwedvaart wen deur die drie groot kaape, insluitend solo- en volle bemanning-resies, ononderbroke, en die eerste Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat 'n om-die-wêreld-byeenkoms wen. Section::::Loopbaan. Kirsten Neuschäfer het as kind begin om rubberbote te seil, en werk sedert 2006 as 'n professionele matroos. Sy het as 'n matroos gewerk met huuraflewerings, voordat sy in hoëbreedtevaart gespesialiseer het en filmspanne na plekke soos Suid-Georgië, die Falkland-eilande, Patagonië en die Antarktiese skiereiland geneem het. Section::::2022 Golden Globe-seilwedvaart. Kirsten Neuschäfer is die enigste vroulike skipper wat aan die 2022 Golden Globe-wedvaart deelgeneem het, 'n retro-seilwedvaart waarin die deelnemers eiehandig om die wêreld vaar, solo, ononderbroke deur ouskoolbote en deur uitspansel navigasie te gebruik, sonder die gebruik van enige moderne toerusting. Tydens die wedren het sy 'n mede-deelnemer, Tapio Lehtinen, gered nadat Lehtinen se boot gesink het en hy meer as 24 uur in die suidelike Indiese Oseaan gedryf het. In Januarie 2023 is die Rod Stephen Seamanship Trophy deur die Cruising Club of America en die Ocean Cruising Club (OCC) se Seamanship Award aan haar toegeken vir haar rol in hierdie reddingsoperasie. Sy het die vloot gelei sedert sy om die Kaap Hoorn is, en het die eerste vrou geword wat hierdie vaart om die wêreld gewen het. Volgens die Internasionale Vereniging van Cape Horner se rekords, het Neuschäfer met die voltooiing van die wedvaart die sewende vrou geword wat die wêreld sonder onderbreking omseil het deur die groot kaape in seiljagte onder 18 m. Haar boot "Minnehaha" is 'n Cape George 36 wat in Port Townsend, Washington, gebou is in 1988. Neuschäfer het 'n jaar op die Prins-Edward-eiland deurgebring terwyl sy haar boot herbou het ter voorbereiding van die GGR. |
Neuschäfer het 'n jaar op die Prins-Edward-eiland deurgebring terwyl sy haar boot herbou het ter voorbereiding van die GGR. |
Die spesie is endemies aan Indië. |
Die spesie is inheems aan die Demokratiese Republiek die Kongo en die Republiek die Kongo. |
Die spesie is inheems aan Guinee en Sierra Leone. |
Die spesie is inheems aan die Demokratiese Republiek die Kongo en die Sentraal-Afrikaanse Republiek. |
Die boom se FSA-nommer is 297.1. |
Pirelli sal die volgende bande aan alle spanne verskaf: |
Thabo Bester Thabo Bester (gebore 13 Junie 1986) is 'n veroordeelde misdadiger wat uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Suid-Afrika ontsnap het nadat hy sy dood in 2022 voorgegee het. Hy was amper 'n jaar lank op die vlug voordat hy op 8 April 2023 in Arusha, Tanzanië gevang is. Hy is saam met sy lewensmaat Dr. Nandipha Magudumana gearresteer. Bester was bekend as die “Facebook-verkragter” en is skuldig bevind aan verkragting en moord. Section::::Geskiedenis. Bester het berug geword vir sy kriminele aktiwiteite en bedrog. Terwyl hy in die tronk was, het hy 'n bedrogspul konstruksiemaatskappy genaamd Arum Properties saam met Magudumana bestuur, wat verskeie mense oortuig het om miljoene rande vir konstruksieprojekte te betaal, maar het nooit die goedere gelewer nie. Hy is glo in Mei 2022 deur selfverbranding in sy tronksel dood en was vir 'n jaar op vrye voet totdat 'n nuwe nadoodse ondersoek aan die lig gebring het dat die verbrande liggaam wat in sy sel gevind is, nie syne was nie. Na hierdie onthulling is 'n soektog in Maart 2023 van stapel gestuur. Voor sy opsluiting is hy skuldig bevind aan verskeie misdade, insluitend moord en verkragtingsaanklagte wat gepleeg is teen vroue wat hy via Facebook ontmoet het. Hy is in 2012 skuldig bevind aan die aanranding en moord op Nomfundo Tyhulu, sy modelmeisie. In 2011 is hy daaraan skuldig bevind dat hy twee ander vroue beroof en verkrag het. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Section::::Burgerskap. Bester is nooit amptelik as 'n Suid-Afrikaanse burger by die departement van binnelandse sake gedokumenteer nie. Minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gesê toe Bester in April 2023 in Tanzanië gevang is, is hy onder die dekmantel van Tom Williams Kelly in besit van 'n Amerikaanse paspoort gevind. Motsoaledi , Minister van Binnelandse Sake van Suid-Afrika het gesê dit is te wyte aan kwessies rondom Bester se ingewikkelde opvoeding, en dat sy ma, Maria Mabaso, nooit vir Bester kon registreer nadat sy op 13 Junie 1986 in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan hom geboorte gegee het nie. Section::::Ontsnap uit die tronk. Bester het op 3 Mei 2022 uit Mangaung Korrektiewe Dienste ontsnap nadat hy sy dood nagemaak het deur 'n lyk in sy tronksel te plaas en dit aan die brand te steek. |
Bester het op 3 Mei 2022 uit Mangaung Korrektiewe Dienste ontsnap nadat hy sy dood nagemaak het deur 'n lyk in sy tronksel te plaas en dit aan die brand te steek. Die ontsnapping het aan die lig gekom nadat die departement van korrektiewe dienste bevestig het dat die verkoolde lyk nie 'n DNS-pasmaat vir Bester was nie. Daar is bevestig dat die verbrande lyk dié van Katlego Bereng Mpholo is wat sedert April 2022 vermis word Die private sekuriteitsfirma, Fidelity, het 'n R100 000-toekenning aan gebied vir enige inligting wat lei tot die arrestasie en skuldigbevinding van die sogenaamde Facebook-verkragter. |
Hy is in Januarie 2019 met kaak en nek kanker gediagnoseer. |
Die spesie is inheems aan Eritrea, Ethiopië, Kenia, Tanzanië en Uganda. |
Dit was daarna vir dekades op topverkoperlyste, met aanvanklike verkope van minstens 5 miljoen eksemplare wêreldwyd. |
Daar is 67 spesies wat tot die genus hoort: |
Die spesie is endemies aan die Ivoorkus. |
Die spesie is endemies aan Angola. |
Die spesie is endemies aan Madagaskar. |
Die spesie is inheems aan Kenia, Tanzanië en Somalië. |
Die spesie is endemies aan Madagaskar. |
Die spesie is inheems aan Kenia, Mosambiek, Somalië en Tanzanië. |
Die spesie is inheems aan Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda. |
Die plant was endemies aan die KwaZulu-Natal en kom die laer gedeeltas van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal voor. |
Die spesie is endemies aan Mauritius. |
Die spesie is endemies aan Madagaskar. |
Die spesie is endemies aan Sokotra. |
Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voor. |
Die spesie is inheems aan Angola, Cabinda, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen en Republiek die Kongo. |
Die spesie is endemies aan Réunion. |
Die spesie is endemies aan Kenia. |
Die spesie is endemies aan Mauritius. |
Die spesie is endemies aan Kenia. |
Die spesie het twee subspesies: |
Die spesie is endemies aan Madagaskar. |
Michael Horn Michael Horn (gebore 16 Julie 1966) is 'n Suid-Afrikaans-gebore Switserse professionele ontdekkingsreisiger en avonturier. Gebore in Johannesburg, Suid-Afrika, woon hy tans in Château d'Œx, Switserland. Hy studeer Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit Stellenbosch in Wes-Kaap, Suid-Afrika. Horn onderneem tans sy jongste ekspedisie Pole2Pole, 'n twee jaar lange omstyging van die Aarde via die twee pole. Mike Horn het bekend geword in 2001 nadat hy 'n eenjarige, 6-maande solo-reis om die ewenaar voltooi het sonder enige gemotoriseerde vervoer. In 2004 het hy 'n twee jaar lange, 3-maande solo-omsingeling van die Arktiese Sirkel voltooi, en in 2006, saam met die Noorse ontdekkingsreisiger Børge Ousland, die eerste mans geword wat gedurende die winter sonder 'n hond of gemotoriseerde vervoer na die Noordpool reis, in permanente duisternis. Section::::Biografie. Mike is in Johannesburg, Suid-Afrika gebore. Hy het die grootste deel van sy kinderjare in die buitelug deurgebring om saam met sy drie broers en susters in bome te klim, vir kilometers fiets te ry en vis te vang. Albei sy ouers was universiteitsdosente, en sy pa was ook 'n suksesvolle amateurrugbyspeler. Mike het gesê dat hy van jongs af geleer het om homself uit te daag, maar dit was die weermag wat hom van oorlewing geleer het. “Ek haat oorlog, maar ek dink dit het my voorberei vir wat ek vandag doen,” het hy gesê, terwyl hy sy dae in die militêre diens onthou toe hy na Angola gestuur is en die eerste keer die dood aanskou het. "Ek was maar 'n 18-jarige kind toe ek ontdek het dat 'n mens enigiets sal doen om aan die lewe te bly." Hy studeer Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit van Stellenbosch in Wes-Kaap, Suid-Afrika. Mike sê hy het die eerste keer op 24-jarige ouderdom die roep van die wildernis gevoel. Hy het sy gemaklike sportwetenskappos bedank, alles weggegee en na Switserland verhuis. Van daar af het hy 'n reeks avonture aangepak, insluitend om met 'n deltavlerk van 'n 22 000 voet berg af te spring en die wêreld se diepste canyon te sweef. Mike was getroud met Cathy Horn. Sy is in Februarie 2015 weens borskanker oorlede. Hy het twee dogters, Jessica en Anneke wat vir hom werk. |
Hy het twee dogters, Jessica en Anneke wat vir hom werk. Section::::Motiverende afrigting. Horn gebruik sy ervarings om sportlui en ander mense wat betrokke is by uitdagende werk soos diepsee-boorwerk te motiveer. Gedurende 2010 en 2011 het hy motiveringsessies vir die Indiese nasionale krieketspan gehou op versoek van sy afrigter, Gary Kirsten. Die span het die 2011 Krieketwêreldbeker vir die tweede keer ná 28 jaar gewen. Lede van die Indiese Krieketspan het Horn se motiveringswerk erken. Horn het toe vir Kirsten en die Suid-Afrikaanse krieketspan, wat Kirsten toe afgerig het, in 2012 op 'n ekspedisie na die Alpe vergesel as 'n spansamewerkingsoefening en deel van hul voorbereiding vir hul toetsreeks teen die destydse nommer 1-gekeurde span, Engeland. Hulle het Engeland in die eerste toets (van 'n reeks van 3 toetse) oorheers, 'n prestasie wat Engeland en wêreldkrieket in 'n dekade nie gesien het nie. Uiteindelik het Suid-Afrika voortgegaan en die reeks met 2–0 gewen met een toets wat geloot is. Met hierdie oorwinning het Suid-Afrika die nr. 1-toetsranglys van Engeland geneem, en hou tans die wedstryd. Hy is ook gehuur deur Kolkata Knight Riders-span vir IPL-7 en KKR het die eerste wedstryd met 41 lopies teen Mumbai Indians gewen en 'n onoorwonne lopie van 9 wedstryde gewen en uiteindelik die IPL-7-titel gewen. Die jongste in die ry om voordeel te trek uit Horn se kundigheid was die Duitse nasionale sokkerspan. Die hele span het in Junie tydens hul voorbereidings vir die Wêreldbeker-toernooi saam met Horn op 'n seilreis gegaan en het 'n verjongde span uitgekom. Die Duitse kaptein Philipp Lahm was beïndruk en het gesê dit is "ongelooflik wat die menslike liggaam kan bereik." “Ons moet goed voorbereid wees en die opponent moet respekteer,” het Lahm gesê toe hy gevra is wat hulle geleer het ná Horn se aanbieding. |
Subsets and Splits